Brendan Peyper se “Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie” is nou op die rakke, en op iTunes.
Die land is al ‘n geruime tydjie aan die gons oor Brendan Peyper se musiektalent, nou is sy lankverwagte solo-album, ‘Stop, wag, bly nog ‘n bietjie’ uitendelik hier! Peyper se nuutste enkelsnit, Tafelberg vir Twee, wat ook op Treffer na Treffer Album verskein het, se video maak oop nasionale opslae.
Brendan het eers in April vanjaar sy verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak, maar sy treffers het radiogolwe regoor die land so aan die brand dat hy reeds geen bekendstelling nodighet nie.
Die titelsnit van dié album se musiekvideo is reeds meer as 320 000 keer op YouTube gekyk! “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”, “Tafelberg vir twee” en “Hierdie skoen gaan pas” – ‘n duet met Ray Dylan – het ‘n standaard van hoë-energie-, lekkerluister en –dansmusiek gestel – iets wat volstoom deurgevoer word deur die ander 12 snitte op hierdie album, met omtrent ‘n uur van opregte hartslirieke, witwarm ritmes, ‘n kenmerkendakoestiese ondertoon en natuurlik die stem wat die dames se knieë heeltemal lam maak!
Die album bied ‘n ryke vermenging van snitte soos “Die perfekte en vir my”, “Beautiful in Bloemfontein”, “Jong liefde sal ons jonk hou” en “Dan val ek oor my tong” wat hulself leen tot ‘n lekker draai of tien op die dansvloer, afgewissel met rustiger nuutskeppings soos “Soen my” en “Ek sal by jou staan”, sowel as twee treffers van die Amerikaanse country-duo, Dan + Shay, “19 you + me” en “Nothin’ like you”. “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” is ‘n fantastiese eerste buiging vir dié boerseun van Bloemfontein en was beslis die wag werd!
Die album is nou landswyd beskikbaar, in Musiekwinkels, asook op iTunes.
