Nuwe Video Sal jou Huis toe Vat!
Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit en video, Vat My Huis toe vrygestel en beloof om luisteraars en kykers te bekoor met betekenisvolle lirieke, elektroniese klanke en treffende beeldmateriaal.
Die lied is geskryf deur Burgerd Botha in samewerking met Oriison. Oriison is die verhoognaam van die skrywer en vervaardiger, Joshua Oosthuizen.
As ons moeg en moedeloos raak vir die gejaag van ons moderne lewens, maak ons soms die mense wat ons die liefste het, die seerste. Dit word nie met opset gedoen nie, maar is bloot ‘n newe effek van die druk waaronder ons verkeer. Vat My Huistoe vertel die storie van iemand wat besef dat hierdie omstandighede sy geliefde in die spervuur geplaas het. Hy vra omverskoning vir die hartseer en beloof daadwerklike versoening om hulle verhouding weer te laat blom. Dis hoe Botha sy nuwe enkelsnit beskryf.
Die video van Vat My Huistoe is ook pas vrygestel en die videograaf van die video is Christian Wolf Visuals.
Die musiekvideo was op die dak van ‘n woning in Pretoria geskiet, toe ons besef dat die weer opsteek en ons skote van die donderweer kon vasvang. Ons moes blitsvinnig imporviseer en het in die hitte van die oomblik ‘n paar lang aaneenlopende skote geneem, teen dubbel die spoed. Hierdie eksperiment het toe in ‘n unieke finale produk ontaard.