Twee Stemme maak een Volkome Klank.
Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek. Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse Popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.
Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisie kanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.
Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ‘n duet saam met alombekende Burgerd Botha,. Van die destydse mansgroep, Romanz, en word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ‘n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.
Die liedjie vier daardie aan-die-brand, hals-oor-kop, irrasionele liefde en verliefdheid en is geskryf deur Seugné Botha. Dit gaan oor daardie liefde wat nie net ‘n oomblik hou nie, maar wat met tyd net warmer, dieper en beter raak.
Liedjies op Hanna se Album
Daar
Dis nou verby
Jammer
Verf Jouself
Byna Volmaak
Mekaar Bedoel saam met Burgerd Botha
Dare to live
Kan nie meer wegbly
Jolene
Wees ’n man
Just Breathe
Ek sal by jou staan