Home / Archives / Music Archives (page 8)

Category Archives: Music Archives

Feed Subscription

Manna vir die Boere

Manna vir die Boere

Manna vir die Boere Konsert – ’n Musiekkonsert om geld in te samel vir droogtehulp Al het dit onlangs mildelik gereën in sekere gebiede van droogtegeteisterde Suid-Afrika, is dit nog nie genoeg om werklik ’n langtermyn verskil te maak nie. Baie boere bly steeds aan groot finansiële druk blootgestel, veral omdat saad nie geplant of diere gevoed kon word nie. Skuld hoop op en geld ...

Read More »

Izaan: Jy maak dit beter

Izaan:  Jy maak dit beter

Dit is altyd verfrissend as nuwe talent die industrie betree end it is ook ‘n bewys daarvan dat Suid-Afrika beslis vir geen ander land hoef terug te staan ten opsigte van musieksterre nie. Izaan Reinecke het vir baie jare haar talent geslyp en haarself goed voorberei om haar stem en liedjies met die wêreld ted eel. Sy het pas die opname van haar selfgetitelde debuut-album ...

Read More »

Joshua na die Reën bring Vir Altyd se Musiek Video

Joshua na die Reën bring Vir Altyd se Musiek Video

Die musiekvideo vir die liedjie VIR ALTYD, deur Joshua na die Reën, is pas hierdie naweek bekendgestel!  Dit is die temalied vir die fliek met dieselfde naam wat vanaf 12 Februarie 2016 in teaters landswyd te sien sal wees.  Suid Afrika se gunsteling silwer-doek paartjie, Ivan Botha en Donnalee Roberts, is weer te sien in hierdie romantiese verhaal, en as jy meer wil uitsien, kyk na die ...

Read More »

Strom: Keep Calm

Strom: Keep Calm

South Africa’s newest singing sensation, Storm, has just announced his debut single ‘Keep Calm’. The dynamic 16-year-old singer has been hard at work over the past few months recording his EP, which is due out early next year, and has officially released the first taste of the upcoming record – a track called ‘Keep Calm’ At just 16 years of age, Storm has already uncovered ...

Read More »

Karlien van Jaarsveld: Platinum vir My Hartjie

Karlien van Jaarsveld: Platinum vir My Hartjie

PLATINUM STATUS VIR KARLIEN VAN JAARSVELD In tipiese Karlien-styl, volg sy die sukses en platinum verkope wat behaal is met haar vorige twee albums op met platinum status vir haar nuwe CD, “My Hartjie.” Met twee liedjies wat ook reeds nommer 1 regoor die land behaal het, is “Woorde,”die derde treffer vanaf die album, sterk oppad om in die voetspore van “Geskeurde Jeans” en die ...

Read More »

Kurt Darren: Lied vir die vrou gaan Goud

Kurt Darren: Lied vir die vrou gaan Goud

GOUD VIR KURT DARREN SE ‘LIED VIR DIE VROU’ Om Kurt Darren se 20 goue status toekenings te vier, het hy besluit om ‘n liedjie wat almal en alles goed toewens te skryf.  Die liedjie “Ek Wens Vir Jou” is van vandag af eksklusief op iTunes beskikbaar.  http://apple.co/1NxpyQJ Dit is die twintigste vrystelling deur Darren en Select Musiek wat dié mylpaal bereik.  Die titelsnit – ‘Lied vir die ...

Read More »

Sharoney: Wees my Held

Sharoney: Wees my Held

Sharoney se nuwe enkelsnit en musievideo Wees my held Met treffers soos Een Keer, Prinses en Fairytale, het Sharoney haarself gedurende die laaste twee jaar aan die publiek bekendgestel en bewys dat “if you can dream it, you can do it!”.  Haar debut album, IN ONS FAIRYTALE, is in 2015 benoem vir twee Ghoema toekennings; Nuweling van die jaar en Beste pop album deur ’n vroulike kunstenaar.  Die grootste Afrikaanse tydskrif in Suid-Afrika, Huisgenoot, ...

Read More »

Steve Hofmeyr se nuwe CD gaan Goud

Steve Hofmeyr se nuwe CD gaan Goud

Steve Hofmeyr se nuwe album bereik goue status Slegs ‘n week nadat IF YOU COULD READ MY MIND, Steve Hofmeyr se nuwe country-album uitgereik is, het dit reeds goue status bereik. Steve sê oor hierdie blits-sukses: “Vreugde aan die wêreld, country het weer sy merk gemaak! Duisend dankies vir soveel ondersteuning vir my country-CD, IF YOU COULD READ MY MIND. “Ek is oorstelp van geluk dat die musiekwêreld in ...

Read More »

Brendan Peyper: Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie

Brendan Peyper: Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie

Brendan Peyper se “Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie” is nou op die rakke, en op iTunes. Die land is al ‘n geruime tydjie aan die gons oor Brendan Peyper se musiektalent, nou is sy lankverwagte solo-album, ‘Stop, wag, bly nog ‘n bietjie’ uitendelik hier!  Peyper se nuutste enkelsnit, Tafelberg vir Twee, wat ook op Treffer na Treffer Album verskein het, se video maak oop nasionale opslae.   Brendan het ...

Read More »

Cordelia: Breek die Stilte

Cordelia:  Breek die Stilte

Cordelia stel nuwe musiekvideo bekend:  EersteWoorde  Met die uitreiking van haar debuut album BREEK DIE STILTE, gedurende Mei 2015, het Cordelia groot opslae in die Afrikaanse Musiekbedryf gemaak.  Dit is veral haar treffer Mal in jou kop wat baie aandag getrek het en in ‘n oogwink na die nommer een posisie van verskeie radiostasies regoor Suid-Afrika geklim het.  Die video van hierdie liedjie het ook reeds 111 000 kyke ...

Read More »

Steve Hofmeyr: If you could Read my mind

Steve Hofmeyr: If you could Read my mind

Steve Hofmeyr stel Country Album Bekend – If you could Read my mind   Steve Hofmeyr se huldeblyk in country-musiek, IF YOU COULD READ MY MIND, is hierdie veelsydige kunstenaar se 28ste album-uitreiking.  Dis nie die eerste keer dat Steve hulde bring aan country-legendes nie; in 2008 het hy die album HELP ME THROUGH THE NIGHT, wat uit Kris Kristoffersen se liedjies bestaan, uitgereik. Tydens ‘n loopbaan ...

Read More »

Nagligte: Dit Stop Nou

Nagligte:  Dit Stop Nou

Dit Stop Nou Word wakker. Staan op. Gaan werk toe. Word wakker. Staan op. Gaan huis toe. Die siklus herhaal homself tot vervelens toe. Wat gaan van ons word? Dit is as gevolg van hierdie worsteling dat NAGLIGTE besluit het om hul vrese en drome aan die wêreld te openbaar. Die groep bestaan uit drie lede: Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker ...

Read More »

Martin Bester Sing Solo

Martin Bester Sing Solo

Nuwe Solo Kunstenaar, Martin Bester se “Wat weet ek tog” video vrygestel Martin Bester het sopas die musiekvideo vir sy eerste Afrikaanse liejie “Wat weet ek tog” vrygestel.  Nadat dit op KykNet se Jukebox vir die eerste keer gewys was, het hy dit op die populere “Groot Tunes” kanaal op YouTube vrygestel.  Musiekliefhebbers is mal oor die video, en het net goeie dinge te se oor ...

Read More »

Sorina: Hoofletters

Sorina:  Hoofletters

Sorina deel baba nuus in HOOFLETTERS op musiekvideo Wat ‘n ongelooflike jaar is dit nie vir Sorina nie! Kort op die hakke van die nuus dat die Flooze ‘n ruskansie gaan vat om Sorina as kunstenaar in haar eie reg aan die wêreld bekend te stel, kom die nuus dat Sorina swanger is met haar tweede baba. Boonop het Sorina die kans benut om die ...

Read More »

Adam with Vaughan Gardener: Wat Nou

Adam with Vaughan Gardener: Wat Nou

  Die talentvolle Vaughan Gardiner is ‘n sanger, liedjieskrywer, vervaardiger, akteur, musikant en het ook onlangs sy nagraadse studies in intellektuele goederereg aan die Universiteit van Stellenbosch met Cum Laude voltooi.  Sy derde album SIT VANAAND OP HERHAAL is vroeg in 2015 bekendgestel en sy liedjie Sit vanaand op herhaal het vir baie weke in die Nr. 1 posissie op talle trefferparades landwyd gepryk.  Die musiekvideo van hierdie liedjie ...

Read More »

Len Muller en Stef Bos Sing Sarie Marais

Len Muller en Stef Bos Sing Sarie Marais

Len Muller se debuut album Doodgewone Avontuur is vroeg in 2015 uitgereik en met liedjies soos “Smag na jou” en “Iets om in te glo” (kykNEt Afri-visie) het hy dadelik die aandag getrek! Hierdie liedjies kan gereeld op radiostasies reg-oor Suid-Afrika gehoor word en pryk ook op van die mees gesogte trefferparades in die land. Nou, gedurende Oktober 2015 verras Len weer! Die keer saam ...

Read More »

Die Campbells

Die Campbells

Iets oud, iets nuuts! Die Campbells is al jare bekend vir hulle optredes en opnames van country-musiek. Hierdie legendariese duo het tot op hede meer as 700 000 eenhede in Suid-Afrika verkoop. Hulle jongste “Homegrown Country” album is ‘n dubbel CD wat bestaan uit 30 van die grootste country-musiektreffers en sal top vermaak aan hulle ondersteuners verskaf… oud en nuut! Van die ultra moderne treffers soos: “Honey ...

Read More »

Jannie du Toit

Jannie du Toit

Die Eggo van jou oë 44 jaar op die pad van Afrikaanse musiek het tientalle opnames opgelewer wat sorg dat Jannie du Toit se stem steeds landswyd op radiostasies gehoor word. Die jongste gunsteling is Gisela de Villiers se aangrypende DIE EGGO VAN JOU OË, wat as titelsnit vir die versamelalbum gekies is. Terwyl sy eie komposisie, ‘N LIEDJIE VIR JOU, sedert 1980 gehoor kan ...

Read More »

Stiaan Reynierse

Stiaan Reynierse

Sonde   Stiaan Reynierse is in 2015 benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning as “Beste Nuweling” en sy album, ‘Sonde’, is gedurende Maart 2015 vrygestel. Dit bring ‘n unieke klank na die mark. Hiervan getuig die titelsnit en die ander oorspronklike liedjies, elkeen met unieke lewering en klank, wat jou beslis twee keer sal laat luister. Stiaan was baie opgewonde om te werk aan ‘Genadewater’, ...

Read More »

Deon Meiring

Deon Meiring

Deon Meiring stel tweede enkelsnit bekend!  Deon Meiring, die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van die groep GLASKAS is al sedert 2006 besig om die land vol te reis om orals te vermaak. Hy is reeds goed gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en met vier suksesvolle GLASKAS albums op die rakke en sy betrokkenheid by die popgroep DANS DANS LISA (wat hy saam met Bouwer Bosch ...

Read More »

Jorine Rich

Jorine Rich

JORINE RICH – BOERSEUN   Die twintigjarige Jorine Rich is in Mei 1995 in Pretoria gebore. Op die ouderdom van agt jaar oud, het haar gesin na Botswana verhuis. Sy was bevoorreg om vir twee jaar lank tuisonderrig te ontvang en sodoende Botswana saam met haar pa verken. Op die ouderdom van tien jaar is Jorine terug skool toe. Sy het haar Hoërskool opleiding voltooi ...

Read More »

Adam with Daniel Baron

Adam with Daniel Baron

Award-Winning English and Afrikaans Dream Team Collaboration.  Say What you Want   He opened for Bon Jovi during their 2013 Because We Can world tour in South Africa and regularly performs in the UK and US. He has won Wawela Music Award for ‘Best Male Artist & Composer’ and was nominated for ‘Best Soundtrack in a Feature Film or Theatrical Documentary’. He recently released his ...

Read More »

Vaughan Gardiner

Vaughan Gardiner

Sit vanaand op Herhaal Met treffer liedjies soos “Gooi jou arms om my”, “Vir Jou” en “Hoe wys ‘n man sy hart” het Vaughan Gardiner homself reeds lankal as gevestigde musikant, liedjieskrywer, sanger, akteur en vervaardiger bewys. Vaughan se tweede enkelsnit, Sit vanaand op herhaal, vanaf sy splinternuwe album met dieselfde titel wat pas uitgereik is, is gedurende Februarie 2015 aan radiostasies landswyd uitgereik. Die ...

Read More »

PJ Cruz

PJ Cruz

Te Goed om waar te wees   The Hit Factory Records is verantwoordelik vir vele Afrikaanse #1 Albums en het gedurende Maart 2015 met trots bekendgestel: PJ Cruz – TE GOED OM WAAR TE WEES. Hierdie is Cruz se nasionale debuut-album en dwing beslis respek af. Die musiek spreek tot ‘n inklusiewe Afrikaanse gehoor en met sy rasperstem, alombekendheid op die platteland en sy aantreklike ...

Read More »

Len Muller

Len Muller

Smag na Jou Len Muller – voorheen bekend as die voorsanger van die alternatiewe rock groep DieFoute – het aan die einde van 2011 besluit om ‘n solo loopbaan aan te pak. Hy het Richardsbaai vir Pretoria se liggies verruil en oor ‘n tydperk van drie jaar sy oorspronklike material geskryf. Len se eerste EP Album getiteld, Len Muller, is in 2012 by Wynand Delport ...

Read More »
Scroll To Top