Die Recce

Nuwe Oorlogfliek Belowe om ‘n Unieke Suid-Afrikaanse Rolprentervaring te Wees! 

As ‘n land wat persoonlike films vervaardig wat nie net tot die kollektiewe bewustheid van sy mense spreek nie, het Suid-Afrika oor die laaste jaar of twee ‘n paar spronge vooruit geneem. Die volgende rolprent wat gaan bewys dat ons begin het om die rolprentkuns as ‘n artistieke medium te verken, en nie net as nog ‘n besigheid te sien nie, is nou hier.

The Recce vertel die storie van hoe die Suid-Afrikaanse Weermag jong Recce, Henk Viljoen, dood verklaar het en hoe hy letterlik man-alleen alles wat hy weet en geleer het, moet gebruik om met sy gesin verenig te word. Voeg hierby die feit dat die vyand op sy spoor is, en dis gou duidelik dat hierdie geen normale storie van oorlewing deur die gevaarlike Afrika oorloglandskap is nie.

Die feit dat die internasionale rolprentgemeenskap regop sit en notisie neem en dat The Recce Directors Cut by ‘n paar internasionale filmfeeste gewys is, gaan die wag tot die einde September vir plaaslike gehore nog meer die moeite werd wees.

Dit is boonop een van die eerste rolprent in dekades wat nie net die omstredenheid rondom die Grensoorlog ondersoek nie, maar ook die pyn en lyding wat families moes deurgaan tydens, en na die konflik wat amper 20 jaar lank geduur het.

Volgens skrywer en regisseur, Johannes Ferdinand van Zyl, is die draaiboek gebaseer op sy eie persoonlike ervaring waar hy grootgeword het met gesinslede wat oorlog toe gestuur is en hoe hy ‘n fassinasie met daardie era in ons geskiedenis ontwikkel het.

Die rolverdeling sluit in sommige van die grootste name onder Suid-Afrikaanse akteurs, asook ‘n paar nuwe talente om dop te hou. Dit sluit in Marius Weyers, Albert Maritz, Greg Kriek, Grant Swanby, Christia Visser, Maurice Carpede and Sonni Chidiebere.

Terwyl die opwinding in rolprentkringe aan die opbou is, kan die bevestigde vrystellingsdatum van 28 September nie vinnig genoeg kom nie. Rolprentgangers kan boonop uitsien na die feit dat die finale weergawe van die rolprent ons grootskerms gaan tref nadat kommentaar en terugvoer van die internasionale rolprentfeeste waar dit gewys is, ook in ag geneem is.

Die film is vervaardig deur Jac Williams, van die Kaapse produksiemaatskappy, Man Makes a Picture, en dis die eerste in ‘n hele reeks onafhanklike rolprente wat deur die maatskappy vrygestel gaan word. Uitvoerende vervaardigers is Jac Williams en Johannes Ferdinand van Zyl en Jacques Le Roux.

Comments are closed.

Scroll To Top