Dop

Twee bekroonde akteurs op een verhoog, André Odendaal en Wilhelm van der Walt, in ‘n komediedrama kragtoer.

Andre Odendaal in Dop

Andre Odendaal

Frank Venter is die man op straat. Een van duisende daarbuite wat min mense ooit sal ken en wat nog minder sal onthou. Soos elke mens het Frank ‘n storie. Niemand luister na sy storie nie. Dit is dan tog nie so indrukwekkend nie, of is dit?

Frank sit in ‘n kroeg. Dis sy verjaarsdag. Buiten vir die kroegman, Tim, is Frank alleen in die kroeg, soos in sy lewe. Altwee het iets van die ander een nodig:  Frank ‘n klankbord om sy bestaan te bevestig en Tim die regte woorde om sy hart uit te praat.

Twee vreemdelinge begin gesels oor die lewe, generasies, emigrasie, drome (onvervuldes en nuwes), die kunsdiefstal van 1990, reënwoude, spyt en perdedrolle wat nie vye is nie.

In wyn lê die waarheid… Soos wat die aand aanstap, word maskers afgehaal, harte blootgelê, talente van vervloë dae opnuut ontdek en sinne al meer onsamehangend.

In sinnelose kroegpraatjies en gesprekke sonder ‘n punt is daar waarheid en is daar emosie. Sonder pretensie of voorgee.  Dop is ‘n trotse Afrikaanse debuutproduksie van Kosie House of Theatre, en het ‘n oouderdomsbeperking van 13 jaar oud.  Dop kan gesien word in die Pieter Toerien Studio Teater in Montecasino, vanaf 28 September tot 23 October 2016.00

Comments are closed.

Scroll To Top