Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings 2018 is uiteindelik bekend.
Die Fiëstas, die enigste toekenning van sy soort in die land, vereer sedert 2011 rolspelers vir hul uitsonderlike bydraes tot die land se grootste kunstefeeste. Baie geluk aan al die benoemdes! Hierdie jaar se seremonie, word weereens regstreeks op kykNet, kanaal 144, uitgesaai.
Kaartjieverkope vir die publiek open Maandag 4 Desember – hou die kykNET-webblad dop vir meer.
Hier is die benoemings:
BESTE AKTEUR:
Albert Pretorius – Wild
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap
Paul du Toit – Melk & Vleis
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
BESTE AKTRISE:
Anna-Mart van der Merwe – Liewer
Antoinette Kellermann – Asem
Illse Roos – Melk & Vleis
Tinarie van Wyk Loots – Wild
BESTE MANLIKE BYSPELER:
David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Edwin van der Walt – Asem
Kopano Maroga – Buite Land
Wilhelm van der Walt – Liewer
BESTE VROULIKE BYSPELER:
Crystal-Donna Roberts – Altaar
Elize Cawood – Buite Land
Nicole Holm – Piekniek by Mpande (nee Dingaan)
Tarryn Wyngaard – Liewer
BESTE REGIE:
Jaco Bouwer – Liewer
Lara Bye – Die reuk van appels
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – Buite Land
BESTE TEATERONTWERP:
Jaco Bouwer – Liewer; Stel
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere; Stel en kostuums
Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite Land; Stel
Philip Rademeyer – Weerkaats; Stel en beligting
BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:
Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
De Klerk Oelofse – Strooijonker
Gideon Lombard – Die Reuk van Appels
Milan Murray – Weerkaats
BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap
BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:
Des-Lee McKenzie – I(ras)ioneel
Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis)
Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera: Gunsteling musiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) Stemme vir Môre
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments in a life
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:
Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A young retrospective
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap
Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the sublime…
Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:
Innibos Jacaranda FM Konsert
Rymklets van Oos tot Wes
Ballades
Judith Sephuma
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:
Stef Bos – Bos Innibos
Amanda Strydom – So onner deur die maan
Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar
Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:
Zolani Mahola – Rok en Rol
Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Die Riel van Hip-hop
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman
BESTE AANBIEDING:
Melk & Vleis
Buite Land
Die reuk van Appels
Liewer
BESTE DUO OF ENSEMBLE:
Mike & Mavis
Liewer
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie
Nêrens, Noord-Kaap
BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:
Die Reuk van Appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die Koninkryk van die Diere, vertaling deur Marthinus Basson
Die Fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers
Buite Land, Oorspronklike teks: Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta
’n Onafhanklike paneel was teenwoordig by Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees om al die produksies te kyk en te beoordeel.