Home / Archives / Music Archives / Georic Lomas: Silhoeët

Georic Lomas: Silhoeët

Nog ‘n Afrikaanse Jong Man Maak Naam.

Dit was die jaar 2013 en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm “As jy sing,” het ‘n nuweling die oog en die oor gevang. Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ‘n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, “Bazaruto,” hier teen die einde van laas jaar, en sy dansliedjie “Die Leeu”, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum sopas bekend gestel is.

As die sukses van “Bazaruto” en “Die Leeu” enigsens ‘n aanduiding was van wat om te verwag – dit was op meer as 10 radiostasies gespeel en het die nommer 1 posisie op Maroela Media se Top 20 behaal – dan gaan hierdie album se brul oral gehoor kan word. “Silhoeët” bevat 14 liedjies in totaal met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het. 

Georic se musiek is jonk, vars en iets nuuts vir die afrikaanse musiek mark. Die album spog met klomp verskillende genres wat beteken mense van alle ouderdomme sal die musiek kan geniet! Met al die dansnommertjies wat op hierdie album is, gaan dit beslis ‘n dansvloer gunstelling wees. 

Met ‘n hele bemarkingsveldtog wat gaan uitrol en lewendige optredes oor die komende maande, sal almal na dese weet wie Georic Lomas is. 

Vir meer inligting oor Georic, volg hom op Instagram by GeoricLomas. 

Comments are closed.

Scroll To Top