Home / Archives / Music Archives / Geraldine Scholtz: Mis

Geraldine Scholtz: Mis

Moenie Sommer haar tweede enkelsnit Mis nie!

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie.   Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landswyd gepryk.   Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna 7 weke op die kykNET Top20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar!

Om jou geheue te vervris, hier is die video van haar vorig treffer, Sommer:

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid.   Geraldine se musiek is baie eerlik en deel sy haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.   Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week aan radiostasies landswyd uitgereik.

Die deurwinterde en geniale vervaardiger, Robin Kielly praat met lof van Geraldine.  Geraldine is ook hierdie jaar by Innibos te sien met 6 vertonings wat jy Sommer nie wil Mis nie!

Geraldine glo vas dat musiek ‘n kunswerk is, wat die hart deur middel van die ore raak, en dit is ook wat sy graag met haar liedjies en loopbaan wil bereik.   

Hierdie enkelsnit is een wat jy nie wil MIS nie!

Comments are closed.

Scroll To Top