Home / Archives / News Archives / Ghoema: Die Benoemdes

Ghoema: Die Benoemdes

Die GHOEMA-seisoen vir 2016 het begin.

 Op Maandag 25 April 2016 sal die ganse Afrikaanse Musiekbedryf by die Joburg Theatre byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd tree om die gesogte Ghoema Afrikaanse Musiekpryse. Die Ghoemas is reeds gevestig as die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek en word trots ondersteun deur kykNET.

Vanjaar se toekenningsaand gaan behoorlik swierig en opwindend wees met optredes deur van ons land se top kunstenaars insluitend Elvis Blue, Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Blackbyrd, Hemelbesem, Brendan Peyper en selfs Andriëtte.

Kategorie-aanbieders vanjaar sluit bekende Afrikaanse gesigte in soos Robbie Kruse (Bravo!), Johrné van Huysteen (GROOTOntbyt), Theordore Jantjes (7de Laan) en akteur Jody Abrahams in

kykNET se investering in die musiekbedryf is jaarliks merkwaardig en die kanaal tree vir die vyfde agtereenvolgende jaar op as hoofborg van die Ghoemas met Groot FM as die trotse Radio-uitsaaivennoot. Ghoema 2016 verwelkom ook weereens Arthur Kaplan Jewelers as sêkondere borg van vanjaar se toekennings en ons beslis opgewonde om ‘n pad saam hierdie gevestigde handelsmerk te stap.

Hier is die volledige benoemingslys, en die publiek kan gaan stem by www.ghoema.co.za

Manlike Kunstenaar van die Jaar

Elvis Blue

Retief Burger

Ray Dylan

Len Muller

Brendan Peyper

Francois van Coke

Andries Vermeulen

Vroulike Kunstenaars van die Jaar

Andriette

Juanita du Plessis

Carike Keuzenkamp

Leah

Karlien van Jaarsveld

Groep van die Jaar

Afrikaans Herlaai

Anders

Die Kelberg

Saarkie

Spoegwolf

Beste Liedjie van die Jaar

Kurt Darren, Don Kelly, Marc Brendon – Ek wens vir Jou

Elvis Blue – Die Hemel

Pierre Greeff, Riana Nel – Doen net wat ons wil

Johan Vorster, Ewald Coleske – Met jou Klere aan

Francois van Coke, Karen Zoid – Toe vind ek jou

Nuweling van die Jaar

Afrikaans Herlaai

Leah

Len Muller

Nagligte

Brendan Peyper

Stiaan Reynierse

Beste Pop-Album deur ‘n Manlike Kunstenaar

Dewald Dippenaar – Een uit ‘n Miljoen

Ray Dillan – Reg hier in die Middel

Joe Foster – Hartklank

Vaughan Gardiner – Sit vanaand of Herhaal

Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie

Beste Pop-Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar

Juanita du Plessis – Toe staan die Wêreld stil

Liila – LosDans

Samy – Storieboek Prins

Karlien van Jaarsveld – My Hartjie

Beste Kontemporêre Album deur ‘n Manlike Kunstenaar

Elvis Blue – Erens in die middle van nêrens

Jak de Priester – Ek reis na Gister

Louis Loock – Skatkis / Tesoro

Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing

Andre Venter – Die man vir jou

Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar

Andriëtte – Pêrel vir ‘n Kroon

Carike Keuzenkamp- 5 Dekades van

Leah – Wonderwerk

Sorina – Hoofletters

Jennifer Zamudio – 15 Jaar Spesiale Uitgawe

Beste Album deur ‘n Duo of Groep

Afrikaans herlaai – Hier kom ‘n Ding

Anders – #ek onthou

Heuning – Drome

Krone – Krone 3

Saarkie – Reisiger

Beste Kinder Album of DVD

Bennie Boekwurm – Vertel Lekker Stories

Carike Keuzenkamp – Carike, Ghoempie en Ghoego se vakansie, volume 11

Clarice en die Reënboogkidz – Clarice en die Reënboogkidz

Jan de Wet – Jan e Wet en die Loflaaities: Loof Jesus

Liane Heyl – Kersfees vir die Kids

Beste Alternatiewe Album

Laurinda Hofmeyr – Wat ek wou sê

Nagtligte – Hoop in die Donker

Spoegwolf – Somer

Beste Rock Album

Anton Botha Band – Plek hier in die Son

Francois van Coke – Francois van Coke

Saarkie – Reisiger

Stiaan Reynierse – Sonde

Wit Kasteel – Wit Kasteel

Beste Humor Album

Andries Vermeulen – Kô lag ‘n Bietjie

Armand Steenkamp – Ek kan nie dans, maar ek kan vry

Thys die Bosveldklong – Looks is nie alles nie

Beste Instrumentale Album

Die Kelabers – Tydsaam

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels – Weskus Snare

Klipwerf – Hantam Tydloos

Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns

Beste Musiekvideo

Bobby van Jaarsveld – Beter Helfte (Ryan Kruger)

Elvis Blue – Die Hemel (Ryan Kruger)

Elvis Blue – Erens in die Middel van nêrens (Gerhard van Rooyen)

Karlien van Jaarsveld – Geskeurde Jeans (Gerhard van Rooyen)

Nadine – Tyd (Gerhard van Rooyen)

Snotkop – Hiekies in Hartenbos (Kyle Lewis)

Beste Liedjieskrywer

Andriëtte, Don Kelly, Adolf Vorster

Brendan Peyper, neil Schoombee

Elvis Blue

Jak de Priester

Juanita du Plessis

Beste Vervaardiger

Danny Smoke

Danny Smoke en Murray Lubbe

Dirk van Niekerk

Frd den Hartog

Juanita du Plessis

Murray Lubbe

Robin Kelly

Beste Live DVD

Die Campbells – Babsfontein Live

Karen Zoid, Francois van Coke – Toe vind ek jou

Laurika Rauch, Elvis Blue – Hart en See

 

Kaartjies om Ghoema 2016 op 25 April 2016 by die Joburg Theatre by te woon is beskikbaar by WebTickets vanaf 15 Maart 2016.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top