Home / Archives / Music Archives / Hugo Nieuwoudt: Toekomsbladsy

Hugo Nieuwoudt: Toekomsbladsy

Hugo Nieuwoudt, het pas sy splinternuwe enkelsnit.

Toekomsbladsy, vanaf sy nuwe album, Net Soos Die Sneeu, vrygestel. Dit beloof om ‘n nuwe bladsy vir sytoekoms ook te wees…

Toekomsbladsy, ’n Afrikaanse popliedjie, is ’n tipiese liefdesliedjie wat die storie vertel van hoe die seer in enige verhouding uitgevee word, en ’n nuwe skoon bladsy wag om gevul te word. Dit gaan oor die hoop ná die seer.

Johan Brits, ’n bekende liedjieskrywer en musikant, het die enkelsnit geskryf. Johan is bekend vir sy treffers en sien baie uit na Hugo se sukses. Volgens Hugo wil hy nes sy vorige snit, Ek Wil Lewe Vir Môre, ’n positiewe boodskap oordra en ‘n verskil maak deur sy musiek. Werner Beukes het die vervaardiging behartig en gesorg vir dié kwaliteit produksie.

Hugo hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang en meen dat Toekomsblad sy al die elemente bevat, waarna mense soek: motiverende lirieke en melodië.

Benewens die uitreiking van sy nuwe enkelsnit en musiekvideo daarvan, word Hugo se nuutste album Net Soos Die Sneeu op Donderdag, 10 Mei in die Kraaifontein Stadsaal bekendgestel aan die publiek. Verder in die pyplyn gaan Hugo ook toer met die nuwe album en ’n buitelandse toer wink dalk binnekort vir die begaafde sanger.

Die musiekvideo vir Toekomsbladsy word vervaardig deur AVC Studios en sal binnekort beskikbaar wees

Comments are closed.

Scroll To Top