Home / Archives / Music Archives / Izaan: Jy maak dit beter

Izaan: Jy maak dit beter

Dit is altyd verfrissend as nuwe talent die industrie betree end it is ook ‘n bewys daarvan dat Suid-Afrika beslis vir geen ander land hoef terug te staan ten opsigte van musieksterre nie. Izaan Reinecke het vir baie jare haar talent geslyp en haarself goed voorberei om haar stem en liedjies met die wêreld ted eel. Sy het pas die opname van haar selfgetitelde debuut-album voltooi en is huidiglik beskikbaar.

Hier is haar eerste video saam met akteur, Paul Rothman, om jou belangstelling meer te kielie:

Vir Izaan was dit ‘n eer en voorreg om saam met Sean Manley en Zanda Greeff van Manley Studio’s te werk, te hoor hoe haar liedjies verwesenlik word en uiteindelik die potensiaal te bereik wat sy gehoop het dit kan. Sy het baie van die liedjies self geskryf, maar Zanda Traut het self ‘n ongelooflike bydrae gelewer met liedjies uit haar eie pen.

“As vroue weet ons uit ervaring dat mans nie van baie praat hou nie. Veral nie as ‘n man en vrou nou en dan so bietjie woorde het nie. Ons dames het nog baie te sê, maar dan het die manne reeds genoeg gepraat … en gehoor! Ek het BLY STIL geskryf toe ek een aand nog hopeloos te veel op die hart gehad het en my man besluit het hy … en toe sommer ek ook … moet nou vir eers stilbly. Sy woorde “nou moet jy stilbly” was net genoeg om my onuitgeprate hart se opinie in note en lirieke om te sit!” vertel Izaan oor die ontstaan van die liedije.

Die album bestaan uit veertien snitte waarvan elf oorspronklik en drie leen-liedjies is:

  1. Bly Stil
  2. Sê Jou Sê
  3. Wat Ek Nie Weet Nie
  4. Gee Net Een Tree
  5. Saggies Val
  6. Mallemeule
  7. Ligtoring
  8. Jy Maak Dit Beter
  9. Kan Ons Maar
  10. Bette Davis’ Eyes
  11. Something In The Water
  12. Feels Like Home
  13. Ek en U Saam
  14. My Krag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top