Home / Archives / Music Archives / Jako Meyer Stel Debuutalbum Vry

Jako Meyer Stel Debuutalbum Vry

Jako Meyer het onlangs sy langverwagte debuut solo album, Middernag Kantoor, vrygestel. Jako het beroemdheid verwerf as kunstenaar vir sy rolle in Flip A Coin en Die Wyndigters, asook voorsanger van Die Rottweilers en Moses Metro Man.

As akteur is hy bekend vir sy rolle in Bloed Broers, Generations en vandeesmaand, 7de Laan. Jako het ook alreeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, naamlik ‘Dinge Wat Ons Al Vergeet Het’, en sy nuutste offer, ’Lugballon’.

Middernag Kantoor is deur Johan Viljoen vervaardig, en vanjaar in Potchefstroom opgeneem. Vandat Moses Metro Man ’n breek geneem het, het Jako meer tyd op sy hande gehad vir sy solo projek en wou oor meer persoonlike dinge skryf. Van die liedjies stap al twee jaar saam met Jako, met die meerderheid wat in die laaste twaalf maande geskryf is. Vir sy solo projek, het Jako saam met verskeie musikante geskryf om sodoende van die geleentheid gebruik te maak om as liedjieskrywer te groei.

“Wanneer dit stil is, die dag op sy rug lê, en my glas vol wyn is, is wanneer die inspirasie by my kom kuier. Hierdie album is geskryf in my ‘Middernag Kantoor’, waar ek oop en eerlik kan ontdek en droom met die nag geluide wat my geselskap hou.”

Middernag Kantoor is ‘n liriekgedrewe, sielvolle album met groot kore en melodieë vol betekenis. Jako beskryf die album as veel rustiger as sy vorige werk. Alhoewel aanhangers drie rock liedjies kan verwag, bevat dit ’n groter verskeidenheid rou en eerlike liedjies wat meer gefokus is op die tentoonstelling van sy stem saam met klavier- of kitaarklanke. Die album bevat ook ’n paar samewerkings met onder andere Deon Meiring (Die Wyndigters), Roux Cloete en Marno van der Merwe.

Koop / Laai Middernag Kantoor hier af – https://bit.ly/MiddernagKantoor

Fotos deur August Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top