Home / Archives / Music Archives / Joe Foster: Look Away

Joe Foster: Look Away

Almal dra maskers…

‘n Geforseerde glimlag is seker een van die maklikstes. Ons steek graag weg wie ons werklik is en wat ons voel.  Glo dit of nie, selfs koffie drink, om weg te steek hoe moeg ons is, is ‘n masker! Niemand wil hê die wêreld moet hulle swakheid sien nie, so ons sit hierdie gesigsbedekkings op…

Dit was juis oor hierdie, dat Joe Foster se idee met sy nuwe musiekvideo, Look Away, die lig gesien het.  Die storielyn speel af in ‘n gerieflike studio in Honeydew. Dit is hier waar die ongelooflike film span, Silo Art Motion Skills en Creative Chaos grimeerkunstenaars bymekaar gekom het om jou op ‘n reis van gevoelens te vat.

Die toerusting en kamera tegnologie van Gerrie Janse van Vuuren en Rick Joachim was eerste klas en natuurlik die belangrikste persoon van die dag, Carmen Kruger met haar spesiale effekte met die grimering! Jy het niks meer as ‘n swart agtergrond nodig nie…  Die finale produk van hierdie projek, is nog nie vrygestel nie, maar hier is ‘n kort lusmakertjie…

Joe wil graag hê mense moet deur die video onthou dat ons mag maar mens wees. Al wil ons so graag alles die heeltyd bymekaar hou. Soms is dit nodig om weg te kyk en vir ‘n oomblik net te breek en in stukke te val. Mense is gemaak om te voel, en ja, dit kan ongemaklik wees… maar om dit in te laat is die enigste manier hoe jy van jou masker ontslae kan raak. “

Joe is baie positief oor sy nuutste vrystelling en die sukses daarvan. Look Away is alreeds aan die top van verskeie ranglyste en doen baie goed vir dié veelsydige sanger en liedjieskrywer. Die musievideo sal teen einde van die Mei vrygestel word.

“Mens swem heeltemal te diep in ons eie voorgee… maskers is vir dekor of vermomparytjies bedoel” sê Joe Foster.

Comments are closed.

Scroll To Top