JORINE RICH – BOERSEUN
Die twintigjarige Jorine Rich is in Mei 1995 in Pretoria gebore. Op die ouderdom van agt jaar oud, het haar gesin na Botswana verhuis. Sy was bevoorreg om vir twee jaar lank tuisonderrig te ontvang en sodoende Botswana saam met haar pa verken. Op die ouderdom van tien jaar is Jorine terug skool toe. Sy het haar Hoërskool opleiding voltooi aan die Hoërskool Ellisras in Limpopo waar sy ook Hoofmeisie van die koshuis was. “Ek het grootgeword tussen Khaki hemde, Cruisers en John Deer Trekkers” skerts Jorine.
Sy het vokale, optrede en liedjieskryf opleiding ontvang by Studio Cha en sing al vandat sy kan onthou. Maar, dit is eers vanaf die ouderdom van sestien wat haar sang in die rigting van ‘n loopbaan begin beweeg het toe sy by verskeie geleenthede die verhoog met groot kunstenaars soos Jakkie Louw, Mathys Roets, Gerhard Steyn, Willem Botha en vele ander bekendes begin deel het.
’n Paar jaar later kruis haar paaie met dié van Heinz Winckler en onder sy ongelooflike leiding voltooi sy gedurende 2014 haar pop rock debuut album, Boerseun, by Studio Cha in Pretoria. Boerseun is gedurende April 2015 by die Absa KKNK in Oudtshoorn bekendgestel, waartydens Jorine heelwat optredes gedoen het. Haar doelwit met die album is om in Afrikaanse pop rock the vertel wie sy is en waar sy vandaan kom.
Die eerste enkelsnit vanaf die album óók getiteld Boerseun, is aan die einde van Maart 2015 aan radiostasies landswyd uitgereik en doen ongelooflik goed. Die musiekvideo van hierdie liedjie was op die 25ste Julie eksklusief op Jukebox kykNET vrygestel.
Sedert die album se uireiking het Jorine ook reeds gesig gewys op talle televisie programme soos kykNET JAM, Be You Dream, Lekker TV en Jukebox kykNET.