Kanarie

Christiaan Olwagen se Kanarie maak opspraak in VSA.

Christiaan Olwagen se nuutste vollengte film, Kanarie, is met ‘n staande ovasie ontvang by die Outfest in Los Angeles, VSA, toe dit onlangs daar vertoon is. Die film, wat op 29 Mei sy wêreld-debuut in Toronto gehad het, is gebasseer op ware gebeure en speel af in 1985, Suid-Afrika.

Die film het aandag getrek by verskeie merkwaardige uitgewers en daar is ‘n hele paar verwysings wat in die plaaslike uitgawes verskyn het, onder andere The Hollwood Reporter, The Advocate, Indiewire en Gay-essential.

Kanarie handel oor ‘n 18-jarige Suid-Afrikaanse man, Johan, wat opgeroep word vir sy destydse militere-diensplig. Hy is angsbevange in sy uitkyk aangaande die grensoorlog in Angola maar vind nietemin sy niche in die Suid-Afrikaanse Weermag-koor, genaamd ‘Kanaries’. In hierdie milieu beleef hy reise, militere opleiding en smee terselfdetyd bande met sy mede troep-maters. In een geval egter, bou Johan ‘n hegte kameraadskap en soos hy verlief raak, begin hy stelselmatig alles in sy eie wereld bevraagteken.

Jaco Nothnagel, produksiemaatskappy Marche Media se hoof van bemarking, noem dat hulle baie dankbaar is vir die ondersteuning van die film vanuit die LGBT-gemeenskap, maar is ook bewus dat die film heelwat ander tema’s aanspreek, wat ‘n plaaslike gehoor by aanklank sal vind.

Stage and Screen sal besonderhede aangaande die Suid-Afrikaanse vrystelling van Kanarie publiseer sodra dit bevestig is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top