GOUD VIR KURT DARREN SE ‘LIED VIR DIE VROU’
Om Kurt Darren se 20 goue status toekenings te vier, het hy besluit om ‘n liedjie wat almal en alles goed toewens te skryf. Die liedjie “Ek Wens Vir Jou” is van vandag af eksklusief op iTunes beskikbaar. http://apple.co/1NxpyQJ
Dit is die twintigste vrystelling deur Darren en Select Musiek wat dié mylpaal bereik. Die titelsnit – ‘Lied vir die vrou’ – sowel as ‘Cowboys & crooks’, ‘Dans op die tafels’, ‘Dimpels’, ‘Saggies praat’, ‘Laat die poppe dans’, ‘Hart van glas’, ‘Ek is jou skaduwee’, ‘Oooh lala’ en ‘n hele rits ander weerklink gereeld op die luggolwe en, natuurlik, by enige kuier wat sy sout werd is.
‘Lied vir die vrou’ se prestasie volg op die goue suksesse van CDs en DVDs soos ‘Meisie meisie’, ‘Sê net ja!’, ‘Staan op’, ‘Vat my, maak my joune’, ‘Voorwaarts mars’, ‘Beste medisyne’, ‘Kaptein se platinum treffers’, ‘Seerower’, ‘Kurt Darren – op toer’,’Treffers live’ en vele ander – ‘n volbloed-reeks van treffer-na-treffer luistergenot!
Sean Watson – Besturende Direkteur van Sony Afrika het die volgende te sê:
“It’s rare for an artist to be able to record 20 albums. It’s also rare for an artist to achieve Gold sales for one album. To have recorded 20 albums and have all 20 go Gold is phenomenal and I can’t tell you how proud I am that Sony Music is able to be associated with an artist of Kurt’s stature. Thank you Kurt”
“Twintig goue status vrystellings later besef ‘n mens net weer dat dit alles genade van Bo is. Sê Kurt. Die genade van geliefdes wat jou heelhartig ondersteun, van ‘n uitmuntende produksie- en verspreidingspan, van mense wat lang ure weg van die huis spandeer om seker te maak dat elke optrede reg werk, van uitsaaiers en ander media wat bankvas agter jou staan en, in besonder, die genade van ondersteuners wat saam jou musiek geniet en jou die voorreg gun om te doen wat jy doen. Ek is hiervoor innig en opreg dankbaar!”