Home / Archives / Small Screen Archives / Groter Keuse vir kykNet kykers op Saterdagaande

Groter Keuse vir kykNet kykers op Saterdagaande

kykNet verander schedule om meer aan kykers te bied.

Die gewilde musiekprogram Jukebox gaan vanaf Saterdag, 2 Julie 2016, slegs op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai word. kykNET (DStv-kanaal 144)  bring in die plek van Jukebox ’n hele reeks rolprente na die kassie op Saterdagaande om vir kykers ’n keuse van topvermaak oor die twee kanale te gee.

Maar hoe gemaak as jy Saterdagaand Jukebox op kykNET NOU! en die fliek op kykNET wil sien? Geen probleem nie, want Jukebox word nou ook Sondae om 14:00 op kykNET NOU! herhaal. Jy hoef dus geen van jou gunstelingvideo’s of die lekker onderhoude met verskeie kunstenaars mis te loop nie – dis ’n wen-wen-situasie.

JukeboxMet die afskop van die nuwe skedule kry Jukebox boonop ’n splinternuwe baadjie. Kykers kan uitsien na ’n pragtige nuwe stel waaroor die bekende en gewilde aanbieder, Pieter Koen, baie opgewonde is: “Dit is soos om die Comrades te hardloop – jy weet al wat gaan gebeur, wat om te verwag, maar met ’n nuwe stel tekkies is jy sommer weer opgewonde oor die wedloop. Ons wil ook vir kykers ’n vars aanslag gee wanneer hulle weer Saterdagaande lekker saam met ons kuier.”

Jukebox – op kykNET NOU! vanaf 2 Julie om 19:30 (DStv kanaal-146) – herhaling Sondae om 14:00.

Saterdagaand-rolprente – op kykNET vanaf 2 Julie om 19:30 (DStv-kanaal 144).                                      

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top