Home / Archives / Music Archives / Leah: Wonderwerk Album

Leah: Wonderwerk Album

Leah bywys dankbaarheid met deluxe weergawe van haar Wonderwerk Album

Leah2016 is beslis ‘n warrelwind wonderwerk vir LEAH. Nie net moes sy plek maak vir ‘n Ghoema en drie Huisgenoot Tempo-toekennings in haar huis nie, maar sy moet ook bontstaan om ‘n besige toerskedule na te kom.  Om te sien wat Leah vir Stage and Screen by die Ghoemas gesê het, kyk hier:   https://www.facebook.com/stagescreensa/videos/990631107652783/

Nie dat sy omgee nie – dis haar manier om bewonderaars te bedank vir hul ondersteuning en wat net as ‘n ongelooflike begin van haar sangloopbaan bestempel kan word. So, na Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo, kom nog ‘n “Beste,” naamlik BESTE NUUS: LEAH se debuutalbum “Wonderwerk” word binnekort heruitgereik met vier bonussnitte.

Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kon word en wat aan LEAH al die toekennings besorg het, sal die Deluxe album treffers soos “Volmaan” en ‘n nuwe weergawe van “Meer as niks” bevat. En met ‘n nuwe weergawe van “Met jou klere aan,” beantwoord LEAH ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ‘n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan?” Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe album moet aanskaf.

Jy kry dan sommer vier splinternuwe liedjies op die koop toe! Daar is “Jou Liefde,” C’est la vie,” “Maak my dag” en ‘n Engelse duet met nuwe kunstenaar Roan van As met die titel “Photograph.”

En die volgende snit wat teen Oktober aan radiostasies landwyd bekendgestel sal word, “Jou liefde,” se musiekvideo sal dieselfde tyd die lig sien. Vir meer inligting oor waar jy LEAH kan sien optree of die datum van vrystellling vir die Wonderwerk Deluxe album, volg LEAH op Twitter by @LeahMusiekSA.

Comments are closed.

Scroll To Top