Kompanjie Stories se Eerste Vol Fliek maak Liefde op Valentynsdag.
Liewe Lisa, die debuutfilm van Kompanjie Stories, se lokprent is nou aanlyn te sien. Die film word vrygestel op 14 Februarie 2019 en kykers sal Hendrik Cronje en Elani Dekker in die hoofrolle sien.
Die film Liewe Lisa is nie net die filmmakers se eerste produksie nie, maar het ook as inspirasie gedien vir die begin van ‘n nuwe produksiemaatskappy, naamlik Kompanjie Stories, met die uitsluitlike missie om ware en oorspronklike storie-gebaseerde films aan die Afrikaanse mark te bring.
Die draaiboek is deur Hendrik Cronje geskryf en is geïnspireer deur die film, The Graduate van 1967. Vanweë Hendrik se groot behoefte om sy eie films te maak, het hy kragte saamgesnoer met sy broer, Johan Cronje, en hulle het begin gesels oor Liewe Lisa, toekomstige films en die behoefte aan storie-gebaseerde rolprente gebaseer op die werklike lewe. Gevolglik het hulle besluit om Liewe Lisa en ander toekomstige films self te vervaardig.
Liewe Lisa se regie is deur Hendrik Cronje behartig, en hy vertolk ook die hoofrol van Daniel in die film. As skrywer, was die rol van Daniel in sy brein gegiet, wat aan die produksie die ekstra voordele van die karakter gebied het. Die regie van die film was nooit onderhandelbaar vir Hendrik nie, aangesien hy homself eerstens as ‘n regisseur beskou, tweedens as ‘n skrywer en derdens as ‘n akteur. Om daardie redes het die broers besluit dat Hendrik die regisseur sou wees, asook die hoofrol sou vertolk.
Die karakter Daniel is deurmekaar en bekommerd oor sy toekoms. Hy gradueer binnekort en gaan sy loopbaan eersdaags begin, maar het ‘n geheime droom om ‘n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n invloedryke besigheidsman se vrou. Na die verhouding verby is, ontmoet Daniel vir Lisa, vertolk deur Elani Dekker, die dogter van dieselfde besigheidsman.
Teen sy belange, raak Daniel verlief op Lisa. Die foute van sy verlede haal hom in en Daniel roep die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en hy ontmoet vir Tom, gespeel deur Zane Meas – ‘n eenvoudige visserman. Daniel verwyl sy dae deur vis te vang en om met Tom te gesels oor die lewe en die liefde en hy deel sy herinneringe van die verlies van sy lewensmaat. Tom onthul ‘n ander kant van homself aan Daniel en help hom om sy ware potensiaal te bereik.
Liewe Lisa se rolverdeling sluit ook in, onder meer Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Chrystal-Donna Roberts en meer.
Die film word landswyd op 14 Februarie 2019 deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik.