Home / Archives / Music Archives / Loki Rothman Stel Debuut Afrikaanse Solo Album Vry

Loki Rothman Stel Debuut Afrikaanse Solo Album Vry

Met ‘n string toekennings agter sy naam, is Loki Rothman geensins ‘n nuweling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Op 20 Maart 2020 stel die sanger en kitaarvirtuoso sy debuut Afrikaanse solo album, Op My Pad, vry.

Op My Pad stap al stuk vir stuk saam met Loki vir die afgelope drie jaar. Sonder ‘n sperdatum kon hy ‘n Afrikaanse album skryf waar elke liedjie ‘n betekenis en storie het. Met verhoudings as die hooftema vir die album, was Loki ook geïnspireerd deur sy persoonlike ervaringe en die musiek wat hy onlangs vir flieks en reekse soos ‘Vergeet My Nie’ en ‘Tydelik Terminaal’ gekomponeer het.

Die liedies op die album is vir my ‘real’. Daar is geen ridder op ‘n wit perd wat jou gaan kom haal in hierdie liedjies nie. Dit handel oor regte mense en regte verhoudings en situasies wat ek glo meeste mense al in was.

Loki het die meeste van die liedjies in sy eie studio opgeneem, in samewerking met Juan Floors Oosthuizen op produksie. By die Coleske Artists se ateljee het hy verder saam met Paulo Azevedo en Arnold Coleske vir stemopnames gewerk. Die album bevat ook samewerkings met ander Afrikaanse legendes soos Laurika Rauch, Riana Nel, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, en sy suster, Margot Rothman.

OP MY PAD, die album, is nou aanlyn beskikbaar – https://lokirothman.lnk.to/LokiMB

[Foto: Willem Botha]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top