Nuwe Talent met ‘n Klem op Note!
Marcato is ‘n nuwe vyfling van jong mans wat, volgens my smaak, ‘n egte Folk bydrae tot die groeiende Afrikaanse Musiek industrie gaan gooi. Pieter Smit, sing en speel kitaar, met die veelsydige Ben van Zyl wat self saam sing, en ook sy talente met die kitaar, mondfluitjie en klavier bydra. Euan Nel hou tyd agter die tromme, en wat die kitare aan betref, is Jerry Spangenberg op die elektries en Erik Swart op die bas.
Hulle is een van Suid-Afrika se belowendste musiekgroepe, het diep in gehore se harte gekruip met hulle nteressante vermenging van musiekstyle soos folk, country, bluegrass en akoestiese rock. Marcato, ʼn musiekterm uit Italiaans wat klem op note beteken, is ʼn groep wat daarna smag om betekenisvolle musiek te maak.
Marcato is in 2008 gestig deur ʼn hegte groep vriende en het sedertdien in getalle gegroei en hul kwaliteit verfyn. Die groep het al by verskeie bekende feeste soos Aardklop, KKNK en Innibos opgetree en het ook al by verskeie plekke dwarsoor die land musiek gemaak.
Marcato is bekend vir hul energieke optredes en diverse musiekstyle. Die groep tree ook by private en korporatiewe funksies op en sing oorspronklike liedjies sowel as hul weergawes van bekende treffers. Marcato is ook betrokke by verskeie huldeblykvertonings soos Simon & Garfunkel, Bob Dylan en AC/DC.
Marcato se debuutalbum When His Whistle Blows is in 2011 vrygestel en spog met 13 oorspronklike akoestiese folk-ballades. Dié Engels en Afrikaanse album bevat ook die lied 100 000 Keer, wat al op verskeie radiostasies gespeel het. Die liedjie se video is ook gereeld op die kykNET se musiek-kanale te sien.
Hul nuutste almum, Vrede vir Almal, is egter hulle eerste volledige Afrikaanse album. Die album is wel onlangs vrygestel, maar trek reeds baie aandag en die terugvoer is baie positief! Die liedjies vir hierdie album is gebore tydens ‘n toer en op ‘n plaas in Kuruman. “Elke aand wanneer net die maan die plaas verlig, was die silhoeëtte van die berge en maan duidelik” sê Marcato se manne.
Vrede vir Almal is beskikbaar by alle digitale musiekwinkels. Om die Groep te boek, kliek op hierdie skakel.