Marcato se liefde vir die natuur in lied vasgevang!
Die groep Marcato, het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.
Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. Volgens die groep, gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas.
Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. Verder wil hulle hê mense moet gelukkig wees as hulle hul album luister.
Die musiekvideo vir die snit is in die prentjiemooi Dullstroom geskiet, en oor die keuse vertel hulle. Ons wou baie natuur in die video insluit en Dullstroom was in die kol hiervoor. Daar is berge, klippe, gras, water en mooi bome, alles wat ons gesoek het.
Marcato bestaan uit Euan Nel, Erik Swart, Pieter Marcato, Jerry Spangenberg en Ben van Zyl. Die groep wat reeds ’n dekade musiek maak sonder al die feeste waarby hulle al opgetree het, beskou hierdie album as een van hul hoogtepunte.
Musieksterre soos Bob Dylan, Pink Floyd, Queen, Bruce Springsteen, Mumford inspireer hulle en plaaslik is dit Spoegwolf en Francois van Coke wat ’n invloed het op hulle. Volgens die groep is dit hul drome wat hul musiek inspireer.
Intussen toer hulle tans met hul album, Vrede vir almal… en beplan ook twee Kaapse toere en is druk besig om aan hul volgende album te werkskaf, wat vir vroeg volgende jaar beplan word.
Stage and Screen sal die musiekvideo pos sodra dit vrygestel word.