Home / Archives / Big Screen Archives / Moffie, In Teaters 13 Maart, 2020

Moffie, In Teaters 13 Maart, 2020

Moffie, nog ‘n rolprent deur die Suid-Afrikaanse regisseur Oliver Hermanus, is in die dagboek vasgepen om op 13 Maart 2020 in Suid-Afrikaanse te premiere.

Moffie, wat van die begin af positief deur die media ontvang is, met Variety wat dit bestempel as ’n Oliver Hermanus Meesterstuk, is ook ingesluit by die Thessaloniki Filmfees in Griekeland en die Stockholm Rolprentfees in Skandinawië. Dit sal ook in Skotland, Ierland, Marokko en selfs Estonië vrygestel word, voordat dit huis toe kom in 2020.

Hermanus se Nommer 4, het drie nominasies by vanjaar se British Independent Film Awards (BIFA) ingepalm. Al is ons eie film nie bekroon by die toeknningsgeleentheid nie, kan ons trots wees op die benoemings wat aan hierdie fliek gegaan het, waaronder Hermanis vir Beste Regisseur, Jack Sidey virBeste asook Jamie D Ramsay, in die kategorie, Beste Kinematorgrafie teen van die bestes ter wêreld mee geding het.

In September vanjaar, is Moffie, wat vervaardig is deur Portobello Productions en Penzance Films, met groot lof ontvang by die filmfees in Venesië, waar dit vir die eerste keer aan die wêreld bekendgestel is. Moffie is die tweede film deur Hermanus en slegs die vierde Suid-Afrikaanse film wat in ses-en-sewentig-jaar ’n amptelike uitnodiging na hierdie rolprentfees ontvang het. Dit is gevolg deur nog ’n uitverkoopte vertoning by die Londen-rolprentfees in Oktober, waar dit benoem is vir die Beste Rolprent-toekenning.

Kai Luke Brummer, Hilton Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak en Ryan de Villiers kwyt hulle skitterend van hulle taak in hulle onderskeie rolle in die fliek. Moffie is vervaardig deur Eric Abraham en Jack Sidey, met Theresa Ryan-van Graan as mede-vervaardiger.

Moffie sal op 13 Maart 2020 in plaaslike bioskope begin draai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top