Home / Archives / Big Screen Archives / ‘n Man soos my Pa

‘n Man soos my Pa

Plaaslike Afrikaanse rolprent “’n Man Soos my Pa” tans in produksie

Johan Kruger (Brittle Star Pictures) en Sean Else (Collective Dream Films) kondig met trots hul samerwerking aan vir die produksie van ‘n Man Soos my Pa, ‘n vollengte Afrikaanse rolprent , wat tans in en om Kaapstad verfilm word.

Die verhaal speel af oor byna 40 jaar en handel oor die verhouding tussen pa en seun. Die film ondersoek en eksploiteer wat miskien die algemene fases van ‘n tipiese verhouding tussen pa en saam mag wees – my pa is my held, my pa verstaan my nie/veroorsaak verleentheid vir my, dan met die uiteindelike gevolg ‘n totale breuk in hulle verhouding. Dit is eers as gevolg van ‘n gebeurtenis binne die familie dat pa en seun gedwing word om hul verhouding te ondersoek, en wedersydse begrip te kry vir hul individuele aksies oor die dekades wat gelei het tot die aanvanklike breuk in verhouding

‘n Man Soos my Pa is Sean se eerste vollengte rolprent sedert die suksesvolle Platteland, ongeveer 4 jaar gelede. Johan is reeds sedert 1984 werksaam in die internasionale rolprent en televisie produskie bedryf, en het eers onlangs begin betrokke raak by die plaaslike bedryf onder meer as toesighoudende vervaardiger op Semi-Soet, Vrou Soek Boer, en Strikdas (wat April 2015 vrygestel word). Die draaiboek is deur Else geskryf en hy behartig ook die regie.

Albert Maritz (Konings, Skoonheid. Donkerland), Sandra Prinsloo (Erfondes, Hartland, Twee Grade van Moord), Neels van Jaarsveld (Knysna, Vloeksteen, Binnelanders), Antoinette Louw (Swartwater, Die Boland Moorde, Binnelanders), Greg Kriek (Born to Win, Mooirivier), Elma Postma (7de Laan, Superhelde, Kruispad), Deon Lotz (Faan se Trein, Verraaiers, Skoonheid), Shimmy Isaacs, Vilje Maritz (Swartwater, Hollywood in my Huis, Donkerland, Verraaiers), en Lara de Bruijn (Liefste Kayla). Kleiner rolle word vertolk deur onder meer Tertius Meintjies, Marcel van Heerden, Anrich Herbst en Sandra Kotze. Kinder rolle word vertolk deur Jean Huisamen, Zonika de Vries, Vaughn Else en Daniël Else.

Die rolprent speel af oor byna 4 dekades en diesefde karakter word in meeste gevalle vertolk deur verskillende akteurs. Die idee vir ‘n Man Soos my Pa het by vervaardiger Johan Kruger onstaan toe sy pa einde Maart 2014 sy stryd teen kanker verloor het. Die draaiboek is egter nie gebasseer op Johan se verhouding met sy pa nie: die karakters en storie is fiktief. Johan het Sean genader om die draaiboek te skryf en regisseur van die rolprent te wees, met die uiteindelike resultaat dat die produksie tans vervaardig word.

Spesiale vertoning by die Silwerskerm Fees einde Augustus 2015, landwye rolprent teater vrystelling 28 November 2015.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top