PJ Cruz

Te Goed om waar te wees

 

The Hit Factory Records is verantwoordelik vir vele Afrikaanse #1 Albums en het gedurende Maart 2015 met trots bekendgestel: PJ Cruz – TE GOED OM WAAR TE WEES. Hierdie is Cruz se nasionale debuut-album en dwing beslis respek af. Die musiek spreek tot ‘n inklusiewe Afrikaanse gehoor en met sy rasperstem, alombekendheid op die platteland en sy aantreklike Afrikaner-man voorkoms wag daar beslis ‘n blink toekoms vir PJ in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

PJ het vir hierdie album sy lyf skrywer gehou maar ook befaamde skrywers soos Christoph Kotze, Ampie du Preez en Johan Oberholzer ingespan. Onder leiding van vervaardiger, Murray Lubbe, kom hier ‘n unieke debuut wat ‘n heerlike eksklusiewe klank meebring en beslis tot die Afrikaanse publiek gaan spreek. Dít het hy reeds bewys tydens sy onlangse optredes in London en Suid-Afrika as deel van LondonGoesSA en SAGoesLondon waar hy die verhoog met talle van ons land se grootste sterre gedeel het.

Sy eerste enkelsnit ook getiteld, Te goed om waar te wees, is gedurende Maart 2015 aan radiostasies landwyd uitgereik. Die liedjie het vinnig die trefferparades van stasies soos Jacaranda FM, Bok Radio, Bosveld Stereo, Radio Laeveld en Suid-Kaap FM begin klim. Die musiekvideo is ook gereeld op nasionale televise kanale soos kykNET, ASTV, SABC 2 en Tshwane TV te sien.

Sedert die uitreiking van sy album het PJ reeds gesig gewys op talle televisieprogramme soos Toks & Tjops, Jukebox, JAM, Lekker TV en ASTV In die Kollig.

Die tweede enkelsnit vanf die album getiteld, Oud raak saam met jou, word nou gedurende Junie 2015 aan radiostasies landwyd uitgereik.

PJ is die enigste seun van drie kinders en is op 5 Januarie 1977 in Bethal gebore. Hy het skoolgegaan by Laerskool Kallie de Haas en Hoërskole Wagpos Brits en Hoëveld Morgenzon en grootgeword in ‘n musikale familie wat hom deurentyd blootgestel het aan ‘n verskeidenheid musiekstyle. Hierdie blootstelling het bygedrae tot die eie unieke styl wat hy vandag het.

Op skool het hy op provinsiale vlak in sport uitgeblink en sy liefde vir musiek moes eers opsy geskuif word, maar op die ouderdom van 25, na ‘n jaar in London, besluit hy om homself te leer kitaar speel, ‘n besluit waaroor hy nog nie vir ‘n oomblik spyt was nie. Hy het sy eerste liedjie geskryf en weereens besef dat musiek sy groot passie is! So het sy solo loopbaan afgeskop en kort voor lank het hy talle getroue aanhangers gehad.

1 000 optredes later en met meer as ‘n 100 liedjies uit sy pen, is PJ ‘n gevestigde kunstenaar en liedjieskrywer wie se populariteit bly toeneem. Hy het ook in 2010 die top 10 behaal in Huisgenoot Tempo se liedjieskryf kompetisie. Hoogtepunte tot op datum sluit in optredes by Innibos Neslpruit, LondonGoesSA by die Apollo Teater Hammersmith London en SAGoesLondon by Carnival City.

PJ woon tans in Pretoria-Oos en droom daarvan om die Volkslied op Loftus te kan sing. ‘n Droom wat heel moontlik in die nabye toekoms vir hom bewaarheid sal word!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top