Home / Archives / Music Archives / Stella: Hoop in Liefde

Stella: Hoop in Liefde

Debuut sanger reik nuwe enkelsnit uit.

Lees ons Resensie oor Nuwe Môre hier

Stella se debuut solo-album, Nuwe Môre, is op 28 April 2017 bekendgestel en bestaan uit twaalf hoenderveismooi kontemporêre snitte. Hoop in liefde is een van hierdie pragtige snitte en word gedurende die week van 28 Augustus 2017 aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Dit is my eerste Afrikaanse liefdeslied wat ek geskryf het.  Die liedjie gaan oor ware liefde deur alle seisoene.  Een van ons werkers op ons plaas, Vusi, het eenkeer ‘n hoopvolle aanmerking gemaak oor die reën wat in  klein buie geval het.  Hy het gesê – ‘bietjie maak meer’.  Ek sal dit nooit vergeet nie.  Ons het daardie jaar ook ‘n baie goeie oes gehad!  Ons kan so maklik voel dat dit wat ons kry te min is, maar ons vergeet die wyse woorde van Vusi.  Liefde is dieselfde.  Bietjie, bietjie maak meer.  Al kry ons seer, dis die moeite werd om te gee.  Daar is hoop in liefde”, sê Stella.

Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat weer in 2016 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album gewen het.

Stage and Screen het voorheen ‘n resensie oor Stella se album geskryf.  Kliek hier om dit te lees.

Tot Hoop in Liefde se video uit kom, kyk gerus die video van Nuwe Môre. 

Comments are closed.

Scroll To Top