Die voor-vervaardiging van ’n rolprent gegrond op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie is tans in volle swang. Die rolprent Vaselinetjie volg die grootwordjare van Vaselinetjie (Helena) Bosman wat in ’n weeshuis beland omdat sy wit is, maar deur kleurling-grootouers grootgemaak is. Daar moet sy haar naïwe self verloor om haar eie oorlewing te verseker. Dis wanneer Vaselinetjie verlief raak op ’Texan Kirby’, ‘n aantreklike en vurige kinderhuisseun, dat een van haar grootste uitdagings aangespreek word: die ...
Read More »