Home / Reviews / Afrikaans Film Reviews / Resensie: Thys & Trix

Resensie: Thys & Trix

Nuwe Fliek gebruik al die Trix om Teatergangers te laat Thys voel. 

Deur Louw Mulder

Leandie du Randt-Bosch and Bouwer Bosch by die Premiere van Thys & TrixDaar word deesdae baie goeie dinge gesê van hoe die Afrikaanse Filmbedryf blom, deur kwaliteit, lekker-kyk films op die grootskerm te bring. Selfs die verseidenheid van genres word genoem, en net so het die nuwe rolprent van Bouwer Bosch Films en die Film Factory, Thys & Trix glad nie teleurgestel nie.

Thys en sy suster Trix is in die Suid-Afrikaanse polisiediens, maar hulle uiteenlopende persoonlikhede is genoeg om wrywing en rusie tussen die twee te veroorsaak. Met ‘n sameloop van gebeure, word hulle gekies om saam met Kaptein Solomons, ‘n groep vriende in die Wes-Kaap te ondersoek, waar hulle karakters, name, en liefde vir mekaar, drastiese veranderinge moet ondergaan. Vir hierdie veskuilde missie, word hulle na die beeldskone landskappe van die Wes-Kaap gestuur.

In die gholflandgoed van Pinnacle Point, ontmoet hulle die verdagtes, ‘n hegte klompie vriende, met wie ons helde, nòù, Johan en Susan Verwey, moet vriende maak om ten einde in hulle missie te slaag. Deur veskeie uitdagings en struikelblokke op hulle pad, loop alles nou nie regtig volgens plan nie…

Charlie Bouguenon en sy Vroutjie by die Premiere van Thys & TrixWat Thys & Trix noemenswaardig maak, is die stêr-belaaide rolverdeling wat Brendon Daniels as Kaptein Solomons, Zak Hendrikz en Dorette Pogieter as Andrè en Chandrè, Ivan Zimmermann en Chanelle de Jager as Ben en June, asook Carine Rous as Heidi en Deon Coetzee as Stephan insluit. Saam met Leandie du Randt-Bosch as Trix, speel Bouwer Bosch die rol van Thys, en Charlie Bouguenon die karakter van Gerhard.  Ek het gedink dat al hierdie name saam ‘n goed ge-oliede masjien was, met elke akteur wie se karakter hom of haar soos ‘n handskoen pas, asook die vonk tussen mekaar.

Vir my was dit regtig die rolvertolking van Bosch en Bouguenon wat uitgestaan het. In Vuil Wasgoed, het ons reeds kennis gemaak met die verskeidenheid waarmee Bouwer Bosch sy karakters kan vertolk, en as Thys, of sowel Johan Verwey, maak Bosch sy karakter volkome sy eie, waar ondermeer die uitbeeld van Thys se domheid, krities was in die vertel van die storie.

Brendan Daniels by Thys & Trix se PremiereIn Kampterrein, het ons die eerste keer vir Bougeuenon gesien as ‘n gay karakter, en in Thys & Trix, vervolmaak hy hierdie tipe persona selfs nog verder. Vir ‘n akteur wat al soveel karakters op die silwerdoek moes vertolk, en ook as jy vir Charlie ken weg van die grootskerm af, kan mens getuig van die diversiteit in sy rolspel, waarop Suid-Afrika kan trots wees.

Daar is baie om te noem oor die produksie kwaliteit van hierdie rolprent. Bekroonde produksie ontwerper, Bathoni Robinson het haar staal gewys, van tonele in die middestad van Johannesburg, tot die asemrowende tonele op die Pinnacle Point Gholflandgoed in Mosselbaai. Die afspeel van die oorhoofse tema, dink ek, kon nie beter uitgebeeld word in ander liggings in Suid-Afrika nie.

Saam met die uiteenlopende aard van al die verskeie tonele in Thys & Trix, het die klankbaan volgens my baie slim en effektief die wese van elke toneel vervolmaak. Die talente van Loki Rothman wat die oorspronklike klankbaan gekomponeer het, het my dadelik baie duidelik opgeval in hierdie fliek se musiek. Maar met dit gesê, kan ek nie nalaat om erkenning te gee aan Charlotte Buys wat krediet moet kry vir haar werk as die Klank Ontwerper nie.

Zak Hendrikz en Dorette Pogieter as Andrè en Chandrè, op Thys & Trix se Rooi TapytMet die suksesvolle fliekmaker, Quentin Krog, en gesoute filmvervaardiger Danie Bester aan die stuur, was ‘n silwerdoek projek van hierdie gehalte gewaarborg. In hulle span verder, was die redigeerder, C.A. van Aswegen, Brendan Barnes as Kinematograaf en die kostuums en akteurbekleding onder die naaimasjien van Fianca Fuls.

Met die hulp van The Writers’ Block, kom hierdie storie van Thys & Trix uit die pen van Bosch, Du Randt-Bosch, en Krog. Ek moet erken dat selfs nà die derde keer wat ek Thys & Trix gekyk het, ek elke keer nuwe kletsgrepe in hierdie draaiboek van flymskerp humor kon optel.  Maar moenie dink dat hierdie storie net weer ‘n voorspelbare verloop volg nie.  Die kinkels en kabels wat ontkoek, sal verseker sorg vir daardie ekstra giggels.

Die vervaardigers van hierdie rolprent, het al die Trix gebruik om elke teaterganger the laat Thys voel, met hierdie eg Suid-Afrikaanse, sit-terug-en-onstpsan aksiekomedie.

Thys & Trix begin Vrydag, 22 Junie in teaters Landswyd draai.

Comments are closed.

Scroll To Top