Home / Archives / News Archives / Vaselinetjie se Nasionale soektog begin

Vaselinetjie se Nasionale soektog begin

Die voor-vervaardiging van ’n rolprent gegrond op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie is tans in volle swang.Vaselinetjie

Die rolprent Vaselinetjie volg die grootwordjare van Vaselinetjie (Helena) Bosman wat in ’n weeshuis beland omdat sy wit is, maar deur kleurling-grootouers grootgemaak is.  Daar moet sy haar naïwe self verloor om haar eie oorlewing te verseker. Dis wanneer Vaselinetjie verlief raak op ’Texan Kirby’, ‘n aantreklike en vurige kinderhuisseun, dat een van haar grootste uitdagings aangespreek word: die waarheid oor haar herkoms.

Die filmspan spring eersdaags weg met ’n nasionale soektog na die hoof-akteurs om die karakters te vertolk.

Ons nooi alle dogters tussen die ouderdomme van 7 – 22 jaar na die oudisies asook seuns tussen die ouderdomme van 10 – 13 jaar en 16 – 22 jaar (wat lig van gelaat is en donker hare het).

Die oudisies is soos volg:

Johannesburg: 16, 17 en 18 Feburarie 2016 by The Film Factory, Northcliff Atrium, 189 Beyers Naudé Rylaan, Northcliff

Kaapstad: 26 en 27 Februarie 2016

Upington:      1 Maart 2016

Springbok:    2 Maart 2016

Calvinia:        3 Maart 2016

Kontak ons via epos vir meer inligting:

vaselinetjiefilm@gmail.com

Like ook die film se Facebook-blad om só op hoogte te bly van die jongste aankondigings by https://www.facebook.com/Vaselinetjie en volg die hutsmerk #VaselinetjieSoektog vir die jongste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top