Home / Archives / Music Archives / Wikus Botma: Afstand Tussen Jou en My

Wikus Botma: Afstand Tussen Jou en My

Afstand Tussen Jou en My gaan groot vir Wikus Botma. 

Wikus Botma, ‘n nuweling op die Afrikaanse musiekfront, het onlangs sy nuutse enkelsnit, Afstand Tussen Jou en My, vrygestel.  Hierdie enkelsnit is geinspireer deur die rou emosies wat kunstenaars beleef wanneer hulle hul geliefdes moet agterlaat en die alleengevoel op die pad waarmee hul worstel wanneer hulle op toer gaan. Dit word treffend weerspieël in die musiekvideo wat deur die immer gewilde Juan Boucher vervaardig is, en afspeel teen die agtergrond van ‘n prag landskap in Parys, Vrystaat.

Hierdie snit van Botma, het die mag om jou mee te voer en jou midde in die emosies van ‘n kunstenaar op die langpad te plaas. Afstand Tussen Jou en My is waarlik ‘n lied wat Wikus se talente weerspieël.

Sedert die ouderdom van 14 jaar, deur middel van verskeie optredes en kompetisies, werk hy daaraan om sy musiekkuns aan die wêreld ten toon te stel. Die lied Afstand Tussen Jou en My” lewer hy as die produk van sy musikale reis. Op 30 April, het die musiekvideo van hierdie oor- strelende lied sy verskyning op YouTube, en sal dus ook beskikbaar wees op alle aanlyn musiek kanale

Afstand Tussen Jou en My, soos geskryf deur Wikus Botma, was met die pen bygestaan deur Zanda Traut en Monica Maree, en is vervaardig in samewerking met Sean Manley van Manley Studios. 

Comments are closed.

Scroll To Top