“Met elke album, groei my musiek saam my”
deur Louw Mulder
As ek ooit wou weet hoe die trots van ‘n pa voel as sy seun goed presteer en naam vir homself maak, was daardie aand amper so. Ek het Willem Botha ontmoet op sy reis tot tweede plek in die Idols op Kyknet kompetisie in 2006, en hierdie week, het ek toegekyk hoe hy sy vierde album by Starbucks in Menlyn Maine bekend gestel het.
Miskien is die analogie van pa-en-seun heeltemal verkeerd, want oor die afgelope elf jaar, het ek en Willem meer soos vriende geraak in die bedryf. Om hom te onthou as die blondekop seuntjie oor wie my as joernalis se kritiek dalk partykeer bietjie te hard was, tot om die jong man nou te sien met suskes as tweede naam, is ek bly ek kon ‘n baie klein deeltjie van sy suksesstorie wees. Intussen praat ons van ‘n reis wat Tempo- en Fiësta toekennings in sluit, verskyning op die klein skerm, die groot skerm, asook die verhoog.
Die nuutste hoofstuk in sy onvoltooide boek, is die vrystelling van sy nuutste album, Soen en Vergeet, met veertien veelkeurige snitte waaraan Willem meeste van die skryfwerk gedoen het. Met Soen en Vergeet kom ‘n meer volwasse Willem Botha na vore. “Omdat ek met hierdie album so baie self geskryf het, het ek regtig ‘n konneksie met elke liedjie, en ek kan presies onthou waar ek was en watter emosie ek beleef het toe ek dit geskryf het.” sê Willem. Die gevoel en emosie wat duidelik hoorbaar is in van die dieper snitte, sit hierdie woorde van Willem oor in musiek.
Saam met Willem, was die skeppers van hierdie album Roux Cloete, William Loots, en Suid Afrika se liedjie-skryf-koning, Johan Vorster. Maar dit is ten einde die identiteit van Willem Botha, wie nou sy 30’s betree, wat die oorhoofse prentjie van hierdie album kleur gee. Willem vertel hoe hierdie album baie meer volwasse is, maar steeds eie aan sy styl is. “Met elke album wat ek uitbring, groei my musiek saam met my ouderdom.”
Al is daar snitte op hierdie album wat jy kan op sit tydens daardie romantiese ete met kerslig, is hierdie nie ‘n lovesong CD nie. Die titelsnit het juis daardie lierieke wat niemand regtig wil hoor nie, maar woorde wat tog gesê word. Willem verduidelik hierdie liedjie, ook die eerste single op Soen en Vergeet, gaan oor ‘n verhouding wat nie meer dieselfde is as wat dit altyd was nie. “Wanneer een persoon daarvoor baklei, maar die ander een het al op gegee en aanbeweeg.” Hierdie self is ook emosies waardeur Willem self al moes gaan.
Lekker-Luister-Liedjies is ook volop op hierdie album. Ek praat van Whiskey, Swartskaap, Vir Ewig kan Jonk Bly, Moilikheid maak, om ‘n paar te noem. My gunsteling snitte op hierdie CD is Enigste man op Aarde. Lirieke speel tog ‘n belangrike rol, en al mag dit dalk die laaste paar jaar in Afrikaanse musiek afgeskeep is, is daar lirieke met digkuns, en insig waaroor Willem kan spog: “Ek lief, Ek Lief jou naam, ek sal nog werk aan jou van.”
Op Soen en Vergeet, is daar twee duette. Een van diè is saam met Kristen Raath met Ek reik na die sterre, vanuit die musiekblyspel waarin hulle twee die hoofrolle gespeel het. Lee Scott maak ook sy verskyning op hierdie album saam met Willem, met Middernag Meisie.
Ek dink die byvoeging van die enigste Englese liedjie op hierdie album, is baie van pas, en som hierdie kunstenaar presies op. Humble and Kind, geskryf deur Tim McGraw word met opregte emosie deur Willem gesing. Willem is self ‘n nederige kunstenaar, doelgerig, en dit word net so oorgedra in sy boodskap op hierdie album. “When the dreams you’re dreamin’ come to you, When the work you put in is realized, Let yourself feel the pride, but always stay humble and kind.”
Willem vertel dat die liedjies op hierdie album gekies is wat sy stem ‘n bietjie meer beklemtoon, selfs sy gebreiery waarvoor hy al bekend geraak het: “Dit is ook die eerste album in elf jaar waar ek nie skaam is om in my liedjies te brei nie.” Met hierdie woorde is dit duidelik dat Willem gemaklik geraak het in sy eie identiteit, en dit, is sy sleutel tot sukses.
Soen en Vergeet is nou beskikbaar op iTunes en CD winkels.