Home / Archives / Theatre Archives / Wond op die Planky by Suidoosterfees 2016

Wond op die Planky by Suidoosterfees 2016

Wond is `n plofbare, sielkundige riller uit die pen van bekroonde skrywer Charles J Fourie en word vanjaar by die Suidoosterfees opgevoer. Die teks was ook genomineer in die Beste Drama Teks-kategorie by die 2014 ATKV-Woordveertjies.

Wond by SuidoosterDie Engelse verwerking, Wound is voorheen by die Grahamstown National Arts Festival (NAF) in 2014 opgevoer en is goed ontvang.

Vir die Afrikaanse weergawe is Heinrich Reisenhofer die regisseur.  Reisenhofer is al internasionaal bekroon en is bekend vir Siener in die Suburbs, Joe Barber, Suip!, Cry The Beloved Country, Festen en Bacchus in die Boland.  Reisenhofer se ervaring as akteur, danser, choreograaf en sanger maak van hom ’n veelsydige regisseur en ook die perfekte keuse vir “Wond”, volgens Dominque Fourie, Wond vervaardig, en ook die rol van Mariska vertolk.   “Ons wou ‘Wond’ ’n ander dimensie gee en met Heinrich se ondervinding was sy aanslag perfek vir wat ons wou bereik. Hy het vir my en David in staat gestel om braaf met die teks om te gaan en ons is sover baie tevrede met die eindresultaat. Ek hoop gehore sal saamstem.”

Wond handel oor ’n eensame man en ’n enkellopende vrou wat mekaar aanlyn ontmoet en ontdek dat hulle 98% gepas is vir mekaar, volgens die webwerf se riglyne. Hulle gaan op hul eerste afspraak… ’n Nag van makabere liefdespel volg, rituele van verleiding en prys terwyl beide raak verstrengel in `n bedrieglike web.

“Wat buite bloei is `n teken van wat binne bloei”.

Hoe ver is twee gefragmenteerde siele bereid om te gaan op hul soeke na genesing en die waarheid?
Saam met Fourie en Reisnenhover, word die vervaardiging behartig deur Indy Spirit Worx in samewerking met Suidoosterfees, met die produksiebestuurder, Johan van der Merwe.

 

Wond word by die Kunstekaap Teater (Artcape Arena) opgevoer:

Vrydag, 29 April om 4h30nm

Saterdag, 30 April om 1h30nm

Sondag, 1 Mei om 6h30nm

Kaartjies is by Computicket te koop

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top