Home / Archives / Concert Archives / Die Superhero Superstêrre Showcase

Die Superhero Superstêrre Showcase

Wees die Superstêr wie jy wil wees – Ten bate van die Superhero Cancer Kids.

Die Superhero Superstêrre Showcase is ‘n opwindende verhoog extravaganza, soos nog nooit vantevore beleef in Suid-Afrika nie.  Soos aangebied deur die gesogte FAMEWORX handelsmerk, in samewerking met Sun Arena Time Square, vind hierdie belewenis plaas op 22 September 2019.  Die algemene tema vir vanjaar, is Superheroes en beloof om die familiegeleentheid van die jaar te wees.

Van Suid-Afrika se top sangers en musikante word gekombineer met vermaaklikheidstêrre, dansers, komediante, kulkunstenaars, SA Rugbysplers en vele meer vermaak, om ‘n tweetalige, 3-uur lange interaktiewe, hoë-energieke gesinsprogram aan te bied, wat deur die Superhero Supersterre Showcase, vir kinders en volwassenes van alle ouderdomme, voorsiening maak. Dit is vermaak met ‘n hoofletter V.

Kunstenaars sluit in Jay, Lianie May, Deon Groot, Early B, Majozi, Jakkie Louw, Sorina die Flooze, Pieter Marcato, Vincent Gordon, Pieter Smith, Johann Scheppel, Ampie, Marulaboom, Bianca Goosen, Pieter Koen en Larry Soffer.  Verder sal The Voice SA se Fatman, Caroline Grace en Samantha Leonard ook hulle buiging maak, saam met die aanbieder, Nico Panagio van Survivor South-Africa.    Die Superhero tema word regdeur die hele vertoning gevoer en beloof pret vir die hele gesin.

Kaartjies kan verkry word vanaf Computicket, met pryse wat wissel van R100 vir kinders, tot R800 vir BBP-toegang.  Ondersteuners met BBP kaartjies, kan voordele geniet wat ‘n eksklusiewe, skouspelagtige ervaring beloof. Hierdie ervaring sluit in ‘n voorafgaande BBP partytjie 2 ure voor die vertoning wat eet- en drinkgoed sal insluit.  Nog meer eet-en drinkgoed sal bedien word tussendeur die skouspel, asook ‘n Ontmoet-en-Groet ervaring met die kunstenaars na afloop van die program.  BBP kaartjie-houers kan ook die konsert geniet vanaf hulle eie rusbanke, reg voor die verhoog.  Daar is slegs ‘n beperkte aantal BBP Kaartjies besksikbaar.

‘n Deel van die oprengste wat tydens hierdie geleentheid ingesamel gaan word, gaan vir selfs ‘n beter doel geskenk word.  5% van alle kaartjieverkope, asook 5% van fondse wat deur borge ingesamel word, gaan begunstig word aan die Superhero Cancer Kids.  Dors Water het ook self aan boord gekom met hierdie innitiatief, en sal ‘n verdere R2.00 per botteltjie water wat verkoop word, aan hierdie doel skenk.

Superhero Cancer Kids, is ‘n nie-winsgewende onderneming, wat daartoe toegewyd is tot die bewusmaking van kanker onder kinders, met die groot doel om hierdie bewusmaking onder die publiek, asook ondersteuning vir die jongspan wat aan hierdie siekte lei, te bevorder.  Van die begin af, is hulle fokus hoofsaaklik op kindertjies van so jonk as twee jaar oud tot en met die ouderdom van sewe jaar.  Hulle Missie word in drie gefokusde sleutelareas opgedeel, naamlik Hospitaal besoeke, buite Hospitaal besoeke, asook geondersteunde Hospitaal besoeke.  Gaan loer gerus op hulle Facebook bladsy, as jy voel om by te dra tot voordeel van hierdie jong Superhelde.  (https://www.facebook.com/superherocancerkids/)

Superhero herdenkings sal ook te koop wees, saam met die Unieke Programme wat op die tema gebasseer is.

Is julle gereed vir die Superhero Supersterre om op te daag en die redders van die dag te wees?  Maak die datum van 22 September 2019 vas, en kom geniet ‘n genotvolle aand by die Sun Arena Time Square, wat vir altyd ontou sal word.

Besoek gerus www.superherosupersterreshow.co.za vir verdere inligting.  Volg ons ook by op Facebook: @superherosupersterreshow en Instagram: @superherosupersterreshow.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top