Wanneer kosskrywer, Clara Brand (Anna-Mart van der Merwe) ná haar man, Bernard (Deon Lotz) se ontrouheid met een van haar beste vriendinne (Angelique Gerber) besluit op ’n nuwe begin in Kaapstad saam met haar twee kinders en hulle Mopshond, Tjoklit, begin sy ’n reis van genesing en wraak.
Met sewe studente – almal mans – wat opdaag vir Clara se nuwe kookklas, is haar beste vriendin, Minette (Elzabé Zietsman) daarvan oortuig dat die heelal vir haar ’n boodskap stuur – dit is tyd vir ’n herlewing van haar liefdeslewe.
Clara durf dus – ná twee dekades van getroude lewe – die wêreld van dating aan. Clara deurleef die verskillende fases van haar herstelproses – woede, aanvaarding, hernieude bande met haar eksman, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak en die moontlikheid van ’n splinternuwe romanse – met (pogings tot) waardigheid, ’n sin vir humor en natuurlik heerlike kos.
Clara se storie is een van nuut begin, humor, hartseer en avontuur. Wraak is ’n dis wat op sy beste smaak as dit koud geëet word en as daar een ding is wat Clara beslis weet, is dit dat daar ’n resep vir enige geleentheid – of ramp – is.
Dis Koue Kos, Skat, word in Fliekteaters vrygestel, op 26 Augustus, 2016.
ROLVERDELING:
Clara – Anna-Mart van der Merwe
Bernard – Deon Lotz
Minette – Elzabé Zietsman
Ari – Frank Opperman
Anaïs – Angelique Gerber
Nicolas – Deànré Reiners
Paula – Zonika de Vries
Mike – Riaan Visman
FILMSPAN:
Uitvoerende vervaardigers: Marita van der Vyver, Deon Meyer en Diony Kempen
Direkteur M-NET Movies: Jan du Plessis
Direkteur M-NET Afrikaanse kanale: Karen Meiring
KykNET-toesigvervaardiger: Anneke Villet
Vervaardigers: Aimee Dherman, Wayne Kriel, Lida, Meyer en Diony Kempen
Medevervaardiger: Ricky Human
Times Media Films: Debbie McCrum en Johan Drotskie
Publisiteit en bemarking: Corlize Luttig, Caron Rypstra (Times Media Films), Etienne Fourie en Johan Prinsloo (Karoo Film Company)
Regisseur: Etienne Fourie
Draaiboek: Marita van der Vyver en Etienne Fourie
Kinematografie: William Collinson
Produksie-ontwerp: Luarnae Roos
Grimering en stilering: Mari Conradie
Kostuums: Azell Bartizal
Redigering: Johan Prinsloo
Visuele effekte: Johan Prinsloo
Klankontwerp: Hendré Jacobs
Musiek: Schalk Joubert