Gaan Vir Goud
Op Sondag 23 April 2017 om 20:00 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree.
Die Ghoemas, vanjaar in sy sesde jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.
Ons vereer vanjaar vir die eerste keer die beste hip-hop-kunstenaars. Boonop is daar nog drie kategorieë (Publiek se Gunsteling Manlike Kunstenaar, Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar en Publiek se Gunsteling Duo/Groep) bygevoeg. Die publiek kon voorheen vir hul gunsteling-kunstenaar in alle kategorieë behalwe Album van die Jaar stem. Vanjaar kan hulle slegs vir hul gunsteling manlike kunstenaar, vroulike kunstenaar en duo/groep stem (die enigste vereiste is dat die kunstenaar/groep wel ’n benoemde moet wees).
Hier is hulle:
Beste Nuweling van die Jaar
Franja du Plesis – My Verhaal
Hailey Clark – Deurmekaar
Marno van der Merwe – Kalm Jou Amry
Refentse – My Hart Bly in ‘n Taal
Wolwe-Dans – Groete van My
–
Beste Liedjie van die Jaar
Adam – Hoogtevrees
Coenie de Villiers – Noting Hill
Joshua na die Reën – Die Wêreld binne My
Joshua na die Reën – Altyd
Snotkop – Cool soos Koos Kombuis
–
Beste Hip Hop Liedjie van die Jaar
Early B – Bene Lam
Early B – Cerebellum
Hemelbesem – Noem my Skollie
Jerome Rex – Fynskrif
Linkris – Game Change Gazi
–
Beste POP-Album deur ‘n Manlike Kunstenaar
Elvis se Seun – Jy Speel ‘n Game met My
Gerhard Steyn – Hartvanger
Juan Boucher – Dis wie Ek is
Kurt – Sal jy met my Dans?
Snotkop – HKGK
–
Beste POP-Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
Charlize Berg – As jy Weet die Liefde
Franja du Plessis – My Verhaal
Hailey Clark – Deurmekaar
Liza Bronner – Dans op jou Eie
Talana – My Hart se Kunswerk
–
Beste Kontemporêr Album deur ‘n Manlike Kunstenaar
Coenie de Villiers – Emoji
Dewald Wasserval – Jy is die Storm
Joe Niemand – Vryheid
Joshua na die Reën – Die Wêreld Binne My
Ricus Nel – Ouskool-Boerseun
–
Beste Kontemporêr Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar
Anne-Marie van Eeden – Winter
Candy Benson – Onweerstaanbaar
Laurika Rauch – Die Reie
Marlene Vermaas – My Storie
Riana Nel – Jy Sal Wet
–
Beste Album deur ‘n Duo of Groep
4Werke – 4Warm
Adam – Hoogtevrees
Jay en Lianie – Vir Liefde
Touch of Class – 100 Duisend Perde
Twee – Piekniek vir Twee
–
Beste Geestelike Album
Adam Barnard en Henri Scott – Hallelujah SA
Broers – Die Heiland is Gebore
Duis:Lig – Dans
Melanie – Paspoort
Tobi Jooste – Die Katedraal
–
Beste Kinder-Album of DVD
Die Klikkerlanders – Klikkerland! #3 (DVD)
Helene Bester en Kristi – Kat op die Plaas
Jonkman en Baartman – Jonkman en Baartman sing Nuwe Lawwe Liedjies
Nedine Blom – Wiskunde is Supercool
Verskeie Kunstenaars – Afrikaans Gaan Klein Vol 1
–
Beste Alternatiewe Album
Arno Carstens – Die Aandblom 13
Bouwer Bosch – Hopelik
Jan Rhaap – Opge-Rhaap
Moses Metro Man – Spektrum
Wouter van de Venter – Toe roep jy My
–
Beste Boeremusiek-Album of Tradisionele Musiekalbum
Die Jaloersbokkies – Piekniekliedjies
Die Ventertjies – Wikkel Vingers
Hennie de Bruyn en die Kitaarkerels – Bosveld Kitare
Klipwerf – Die platinum DVD & CD Versameling
Rooies – Koekoe Bul
–
Beste Instrumentale Album
Gaston – Kitaar is My Taal
Sean Butler – Woord’loos Reeks: Inspirasie
Sean Butler – Woord’loos Reeks: Kersfees
Sean Butler – Woord’loos Reeks: Liefde
Sean Butler – Woord’loos Reeks: Toeka
–
Beste Ligte Klassieke Afrikaanse Album
Con Grazia – Kosmos
Henry van Dyk – Sommer o
Venitia Rose – My Wens / My Wish
–
Beste Country-Album
Die Campbells – Bloed is Dikker as Water
DZL – DZL
Elizma Theron – Boeregirl met ‘n Countryhart
Jennifer Zamudio – Ongelooflik
Kerry Lee – Dans in dei Reën
–
Beste Musiekvideo
Adam – Vergifnis
Jay en Leanie – Vir Liefde
Kurt – Kaalvoet Sokkie
Snotkop – Cool soos Koos Kombuis
Twee – Pieknniek vir Twee
–
Beste Liedjieskrywer
Arno Carstens
Christoph Kotze
Coenie De Villiers
Johan Vorster
Joshua na die Reën (Jacques de Villiers)
Riana Nel
–
Beste Vervaardiger
Christie Schutte
Coenie de Villiers & Jaconell Mouton
Dirk van Niekerk
Fred Den Hartog
JB Arthur
Hou kykNET se webblad en sosiale media platforms dop vir meer nuus.
Twiet ons gerus by @kykNETtv en gebruik die hutsmerke
#Ghoemas
#GaanVirGoud.