Home / Archives / Music Archives / Joe Foster: One Body

Joe Foster: One Body

Nóg ’n Engelse treffer vir Mnr. Hartklank.

Na die reuse sukses van Joe Foster se eerste Engelse snit, Look Away, is dié sanger terug met ’n popliedjie wat beloof om nog lank op menigte radiostasies se trefferparades te boer.

One Body is ’n liedjie wat Joe geskryf het na hy eendag op ’n troue gesing het. Joe sê dat hierdie liedjie een van die sterker liedjies is. En omdat sy jongste album, Volgende Stap, ’n mengsel van Engels en Afrikaans bevat, wou hy sy Afrikaanse enkelsnit met ’n Engelse een opvolg.

Foster is van mening dat die liedjie aanklank sal vind by die wat al in ’n liefdesverhouding was of wil wees. Oor die musiekvideo vir die snit, wat sommer vroeg saam met die enkelsnitvrystelling kom, wil Joe nie te veel verklap nie.

Joe Foster is geen vreemdeling op die Suid-Afrikaanse musiektoneel nie. Hy het immers bekendheid verwerf as lid van die mansgroep ADAM en het gesorg vir, Pad Na Jou Hart, wat die temalied vir die gelyknamige lokettreffer is.

In 2015 het hy die Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar vir Sal oorlog vir jou maak ontvang en in 2016 is sy debuut solo-album, Hartklank, as Pop-album van die jaar aangwys.

Alhoewel Joe reeds twaalf tot vyftien jaar as vervaardiger en musikant besig is, is dit vanjaar sy negende jaar as Afrikaanse sanger. Die sanger glo dat emosie die suksesresep is wanneer daar musiek geskryf of gesing word.

Deesdae werk Joe ook as life coach en tussen deur wil hy nogsteeds musiek maak. Verder bemark hy sy jongste album en tree ook gereeld op.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top