Home / Archives / Big Screen Archives / Meerkat Maantuig

Meerkat Maantuig

Die wereld is so groot soos jou verbeelding.

Die bekroonde film, Meerkat Maantuig se lokprent is nou aanlyn te sien! Meerkat Maantuig het by vanjaar se Silwerskermfees die toekenning vir Beste Kinematografie verower en word op 16 Maart 2018 landswyd vrygestel.

Meerkat Maantuig is geïnspireer deur die jeugnovella Blinde Sambok deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Riana Scheepers.

Die skrywer van die film, Hanneke Schutte, het besluit om die boek as ‘n uitgangspunt te gebruik en het dit in ‘n kinematiese verhaal omskep in die wonderlike woude van Magoebaskloof in Suid-Afrika.

Gideonette de la Rey is ‘n vreesbevange 13-jarige meisie wat glo in die familievloek wat van generasie na generasie oorgedra word. Bang en desperaat is sy nie in staat om van hierdie storie te ontsnap wat haar identiteit geslyp het nie. Uiteindelik is dit slegs deur haar vrese in die gesig te staar dat sy in staat is om hulle te oorkom.

Meerkat Maantuig is ‘n betowerende film oor die stories wat ons onsself vertel: Die stories wat ons lewens definieer en dikwels ons lewens beperk.

Met elemente van magiese realisme, is Meerkat Maantuig ‘n waarlik unieke film – anders as enigiets wat ons al in Suid-Afrikaanse filmteaters gesien het; dit is ‘n pragtig vertelde storie wat ons wys hoe om brawer te wees as wat ons ooit gedink het moontlik kan wees.   Spelers soos Anchen du Plessis, Themba Ntuli, Pierre van Pletzen, Rika Sennet, Hanlé Barnard en Drikus Volschenk word in Meerkat Maantuig gesien.

Meerkat Maantuig, ‘n film deur The Film Factory, is vervaardig deur André en Dries Scholtz, en is tot draaiboek verwerk deur Hanneke Schutte, wie ook verantwoordelik is vir die regie van die film. Die film word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en Rooi Rose is die trotse mediavennoot van die film.

Comments are closed.

Scroll To Top