Home / Archives / Music Archives / Swipe Regs vir Pieter Marcato se Nuwe Musiekvideo

Swipe Regs vir Pieter Marcato se Nuwe Musiekvideo

In Pieter Marcato se nuwe musiekvideo, wat deur Trots Afrikaans vervaardig is en onder andere op die dak van die Fintech-gebou in Lynnwood verfilm is, ontmoet die hoofkarakter juis die liefde van sy lewe tydens ’n Tinder-afspraak.

Die enkelsnit, wat onlangs vrygestel is, is ontsettend goed ontvang en kan tans op alle groot radiostasies gehoor word. Dit is ’n lekkerluister Afrikaanse popliedjie, uit Pieter se eie pen, met ’n opgewekte ritme wat jou voete sal laat jeuk om te dans.

Volgens die kunstenaar, is Swipe Regs deur ’n ware verhaal geïnspireer:

“Een van my beste vriende het onlangs met sy sielsgenoot getrou. Hulle het op ’n afspraaktoepassing (dating app) ontmoeten dit het my laat besef dat mense mekaar op verskillende maniere kan ontdek. Ek dink luisteraars gaan aanklank vind by die lirieke en dit geniet om saam te sing en dans.”

Sy nuutste vrystelling volg in die voetspore van sy debuut-enkelsnit, As Jy Vra, wat in 2019 uitgereik is en steeds oor die radio gehoor kan word.

Pieter het in Pretoria grootgeword, waar hy steeds vandag nog woon. Na skool het hy deur Damelin klankingenieurswese studeer en in hierdie tyd het sy pad met Ben van Zyl gekruis. Kort daarna het hulle besluit om saam die groep, Marcato, te begin wat vandag nog bestaan.

Oor die jare was hy deel van verskeie groot musiekproduksies, waaronder die Simon and Garfunkel Tribute Show, Bob Dylan Tribute Show en die ACDC Tribute Show, wat almal verskeie jare opgevoer is. Hy is ook die stigterslid van Legato Records, wat ’n hele aantal musikante huisves.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top