Home / Archives / Big Screen Archives / Van Der Merwe

Van Der Merwe

 Suid-Afrika se gunsteling-grappiekarakter kry lewe op die grootskerm!

Hoeveel Van der Merwes is nodig om ’n troue te stop? Dalk net een. Dis te sê as hy dit hierdie een keer kan regkry. Maak gereed en hou styf vas aan al jou stereotipes, want die onderwerp van Suid-Afrika se gunsteling-grappies kry lewe in hierdie splinternuwe komedie oor die buiteperd. Ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees, gaan Van der Merwe jou laat lag, huil, en ineenkrimp wanneer hy probeer om ’n moeilike situasie reg te stel, en ’n groot gek van homself maak, terwyl hy daarmee besig is. Sy liefdevolle vrou, beeldskone dogter, en statige aanstaande Britse skoonseun sal jou amper laat glo dat sy geluk besig is om te draai… of is dit?

Vervaardigers Craig Jones, Bruce Macdonald, Murray Macdonald en Bruce Lawley bring ’n splinternuwe, tong-in-die-kies familiekomedie na die grootskerm, met Rob van Vuuren (Van) en Reine Swart (Marike) in die hoofrolle. VAN DER MERWE, wat afspeel op ’n plaas in Suid-Afrika, vertel die verhaal van Van se dogter, Marike, wat terugkeer na ’n oorbrugingsjaar in England. Maar sy is nie alleen nie. Haar verloofde, George, ’n Britse mediese student is aan haar sy. Dit skep die perfekte geleentheid vir talle probleme en uitdagings. Van moet nie net daarmee vrede maak dat sy enigste dogter met ’n Engelsman gaan trou nie, maar word ook deur sy moeilike, tradisionele pa beveel om dié verhouding te beëindig. Dit plaas hom in ’n baie stresvolle situasie en los hom met ’n moeilike besluit: staan hy op teen sy pa en aanvaar die troue… of gehoorsaam hy sy pa, wie se goedkeuring hy bittergraag wil hê, se bevel wat kan beteken dat hy sy dogter vir altyd kan verloor. Wanneer die aanstaande Britse skoonfamilie opdaag, word daar behoorlik kop gestamp. Dit ontaard in ’n kultuurstryd en lei tot verskeie kantkies-insidente en ander skreeusnaakse gebeure, wat lewe gee aan die klassieke Van der Merwe-grappies wat ons almal so goed ken.

Hierdie ligsinninge prent kry lewe met behulp van ’n verskeidenheid interessante karakters, wat spesiaal geskep is om Van se tekortkominge te beklemtoon. Bekende aktrise, Chanelle de Jager, vertolk die rol van Van se vrou, Suzette, wat vasberade is om die situasie te red. Ian Roberts speel die dominerende Oupa Van, wat beslis die gehoor se aandag sal trek. Ander akteurs wat in die fliek te sien is, sluit in Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, Erica Wessels, Louw Venter, Benedikt Sebastian, Matthew Baldwin, Neels van Jaarsveld en Melt Sieberhagen om maar net ’n paar te noem. Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as ’n sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en Van se beste vriend.

VAN DER MERWE is ’n goedvoel-fliek. Ons wil hê dat mense die bioskoop moet verlaat met ’n glimlag en die positiewe boodskap dat alles oukei sal wees, ongeag van jou omstandighede of tekortkominge. Maar dan moet jy vir jouself kan lag. Jy kan die lewe nie te ernstig opneem nie. Bly getrou aan wie jy is, moenie moed opgee nie en hou altyd aan met glimlag,” meen Lawley.

VAN DER MERWE beloof om kykers te laat skaterlag met skreeusnaakse familie- en kultuurkonflik, ongemaklike situasies, en katastrofes wat die Van der Merwe-titel meer as gestand sal doen. Dié rolprent word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal landswyd vrygestel word op 28 Julie 2017.

Comments are closed.

Scroll To Top