Home / Archives / Music Archives / Wynand en Chereé Stel Nuwe Enkelsnit & Musiekvideo Bekend

Wynand en Chereé Stel Nuwe Enkelsnit & Musiekvideo Bekend

Nadat sy vir amper tien jaar tjoepstil was, het Suid-Afrika se Country-liefling, Chereé, in 2019 ’n splinternuwe album –Wilde Waters – uitgereik. Hierdie album is ongelooflik goed ontvang en kan beskryf word as een van die mees suksesvolle vrystellings van haar loopbaan.

Nou is dié brunet; en haar ewe-talentvolle man en sangmaat, Wynand Strydom; terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo wat beslis musiekharte gaan laat smelt.

Ons sit al vyf jaar met hierdie liedjie, maar wou wag vir die perfekte oomblik om dit met aanhangers te deel. Vanjaar is ons tien jaar getroud en hierdie goedvoel-snit is die perfekte manier om dit te vier,” verklap die sangeres. “Ons leer nog elke dag oor die huwelik en ons sê ook altyd dat ons beslis nie perfek is nie, maar dat ons perfek vir mekaar is!

Hierdie besonderse liedjie word dan ook gekomplementeer deur ’n treffende musiekvideo, wat deur Dry Ink Films in Langebaan verfilm is. Die storielyn is eenvoudig gehou om klem te plaas op die besonderse aantrekkingskrag en band wat tussen die paartjie bestaan en volgens hulle die wenbestanddeel in hulle verhouding is.

Hierdie Hart van My is nie net ’n bewys van beide sangers se uitsonderlike talent nie, maar sal aanhangers ook herinner hoekom dié paartjie Suid-Afrika se lieflinge is en bly.  Die liedjie is ook beskikbaar op Chereé se album Wilde Waters op alle digitale platforms hier:   https://umgafrica.lnk.to/wildewaters

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top