Home / Archives / Concert Archives / CO Productions en jouSTERRE Showcase

CO Productions en jouSTERRE Showcase

Wat kry jy as jy top-kunstenaars op een verhoog vir een aand sit? ‘n Showcase!

Dít is presies wat jy kan verwag wanneer die gedugte sustersmaatskappye, CO Productions en jouSTERRE, hul Showcase op 12 Maart by Weiveld aanbied.

Dié twee maatskappye, wat spesialiseer in kunstenaar- en geleentheidsbestuur en naam gemaak het as voorlopers in dié industrie, bied vanjaar vir die tweede keer ‘n konsert van dié aard aan en dit beloof om weereens gaste se asems weg te slaan.

Saam bied hierdie twee maatskappye regtig ‘n 360 grade oplossing vir elke geleentheid – van kunstenaars, klank, beligting tot seremoniemeesters en feesbestuur en met dié Showcase gee ons ‘n voorsmakie watter dienste ons alles bied.

Na verlede jaar se oorweldige reaksie van genooide gaste wat nie die geleentheid wou misloop nie, asook die publiek wat kaartjies wou koop, is daar besluit om dit na ‘n groter plek te skuif om almal te akkomodeer. Alhoewel hierdie vervaardigers hulle genooide gaste in die industrie op die gastelys het, het hulle besluit dat omdat dit so eens-in-‘n-leeftyd konsert is met elf groot kunstenaars op die verhoog, kaartjies vir diegene wat dié konsert wil bywoon, beskikbaar sal wees.

Jay du Plessis, Willem Botha, Leah, Gerrie Pretorius, Pieter Koen, ADAM, Lee Scott en André Schwartz gaan almal in aksie wees met van hul gunsteling liedjies. Ruben Delmage en Nadia Beukes is seremoniemeesters vir die aand en ‘n spesiale optrede deur die Dinamiese Dames, is ingesluit op die program.

“Verlede jaar se konsert het gekook en dit was so lekker om saam met my kollegas van CO Productions en jouSTERRE op te tree. Ek kan nie wag vir hierdie jaar nie en is bevoorreg om deel van so ‘n dinamiese groep te wees,” het Jay du Plessis vertel. Jay is reeds sedert die begin van sy solo-loopbaan, 9 jaar gelede, onder CO Productions se bestuur.

Vir Leah is die Showcase ook ‘n hoogtepunt op haar kalender om die verhoog saam met haar kollegas te deel.

“Dit is lekker om deel van só span te wees waar elkeen se belange op die hart gedra word en om dit saam met dié werk-familie op die verhoog te kan uitleef, is besonders,” het sy gesê.

Die Showcase vind op 12 Maart om 19:30 by die gewilde kuierplek, Weiveld, en kaartjies is aanlyn beskikbaar by: http://bit.ly/Showcase_Weiveld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top