Home / Archives / Music Archives / Egmond: Koebaai

Egmond: Koebaai

Koebaai se Musiek Video sê Hello

Die opkomende enkelsnit van Egmond, Koebaai se musiek video is onlangs vry gestel. Die video is opgeneem in die Mosambiekse eiland Pomene.

Egmond vier sy 15de jaar in die musiek industrie met ‘n versameling van sy grootste treffers op een album.  Die 10-stuk album, wie se titel in die splinternuwe enkelsnit Koebaai vervat is, sluit die #1 treffers Better Days, Dis Elektries en Melkweg Reënboog in, tesame met verdere Top 20 treffers Reën (Aan Die Brand Steek), Vlieg en Kom Red My – wat sukses behaal het nadat dit in 2013 op Channel24 gedebuteer het.

Egmond se debuut Afrikaanse enkelsnit, Geee Voor Jy Groet, wat in 2010 lugtyd op ASTV gekry het, rond die album af tesame met die EDM-dans nommer DJ en Mors, die eerste treffer liedjie wat al reeds op radiostasies gedebuteer het in 2004.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top